Top 10 artikels van 2021
Top 10 artikels van 2021 soos verskaf deur Google Analytics. Dit is die mees geleeste artikels hier op die Amandaskrywer webtuiste vir die jaar 2021. Lees hulle nou vir die eerste keer of sommer weer ‘n keer. Vyf van hierdie jaar se Top 10 artikels was ook in 2020 in die Top 10 van daardie jaar.
Nommer 1
Die mees geleeste artikel van 2021 vir die 2de agtervolgende jaar is Verskillende kulture in Suid Afrika. Die artikel handel oor die wye verskeidenheid mense wat Suid Afrika deel en hoe ons mekaar eerder moet omarm as oordeel en weg stoot.
Nommer 2
In 2020 was dit in die 8 ste plek. Hierdie jaar skuif dit op na die 2de posisie.Almal het ‘n plek waar hy of sy veilig voel en tyd by spandeer. In My gunsteling plek vertel ek vir my lesers waar my gunsteling plek is en hoekom dit so is.
Nommer 3
Die roomys klokkie is ‘n ware storie. Daar is egter ‘n kinkel in die kabel. Dit was nie ‘n roomys klokkie wat Amanda gehoor het nie. Dit was verlede jaar in die 2de plek.
Nommer 4
Afrikaans is in die kollig met die artikel Afrikaanse idiome en sêgoed. Niks so lekker as om in Afrikaans te gesels nie.
Nommer 5
Aspoestertjie en die Prins beklee die 5de plek van mees geleeste artikels in 2021. Ons almal ken die fabel en in 2020 het Prins Harry en sy vrou Meghan die Paleis verruil vir ‘n gewone lewe.
Nommer 6
Waar gaan die tyd heen met die titel Tyd vlieg en wag vir niemand nie het vele mense aangeraak. In hierdie artikel vertel ek oor enkel ouer wees en kinder herrinneringe.
Nommer 7
In die artikel Lojaliteit is belangrik gesels ek oor Lojaliteit en hoe families dit aan mekaar verskuldig is. Wanneer jy iemand nie kan vertrou nie, lei die verhouding skade. Steeds in die 7de plek.
Nommer 8
Om tot verhaal te kom handel oor die boek geskryf deur Lizette Rabie. Die boek vertel van skryf terapie en hoe dit jou kan help om trauma te oorkom. Skryf jouself gesond.
Nommer 9
In my tienerjare was boeke en die plaaslike biblioteek my gunstelinge en in Ena Murray Koningin van harte vertel ek die lesers van my gunsteling skryfster uit my kinderjare.
Nommer 10
Louw Wessels is die titel van die onderhoud wat ek met hierdie sanger gevoer het toe ek ‘n joernalis by ‘n plaaslike koerant was. Hy is die broer van ‘n ander welbekende sanger.
Wat was julle gunsteling artikel/s? Deel dit met die lesers.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you