Aspoestertjie en die Prins

Aspoestertjie en die Prins

Aspoestertjie en die Prins is een van die mees geliefste fantasie verhale in die wêreld

ASPOESTERTJIE EN DIE PRINS – kortliks

In a fantasie wêreld was daar ‘n baie aantreklike Prins wat verlief geraak het op ‘n arm, mishandelde meisie. Een aand het sy met ‘n pampoenkoets na ‘n bal by die kasteel gegaan en toe die klok twaalf uur slaan het sy een van haar glas skoene verloor. Die Prins het hot en haar gesoek na die meisie wat haar skoen verloor het totdat hy sy Prinses tussen ‘n klomp vuil wasgoed en in vodde gevind het met ‘n wrede Stiefma en twee gifappel Stiefsusters. Hy het vir Aspoestertjie op sy wit perd gelaai en met haar getrou. Prins en Prinses het vir altyd gelukkig saam in die kasteel gewoon.

ELKE MEISIE SE DROOM

Wel nou nie heeltemal nie. Ek het nou nie eintlik wakker gelê om ‘n Prinses te word nie, maar daar is steeds ‘n fantasie rondom koninklikes geweef. Dit lyk wonderlik, al die glans, koetse, mooi klere en regte paleise en kastele.

UIT DIE MOND VAN

My Ma (nou 83) was ‘n jong kind van 10 toe die Britse koninklikes na Suid Afrika gekom het en met ‘n wit trein deur die land getoer het. So het die koninklikes ook by Despatch aangekom waar almal gestorm het om ‘n Prinses en meer te sien. Groot was die kinders se teleurstelling: “Hulle lyk dan soos gewone mense” was hulle verslae uitroepe van teleurstelling.

DIE JAAR IS 2020

In 2018 het Meghan Markle – ‘n gewone meisie met ‘n Prins – Harry getrou en almal was in vervoering maar binne 18 maande was die sprokie op ‘n einde. Dit was toe glad nie lekker om ‘n Prinses te wees nie en die tweetjies het besluit om die koninklike lewe vaarwel te roep om gewone mense te word in ‘n land ver van die paleise en kastele.

DIE WERKLIKHEID

Fantasie is ver verwyderd van die werklikheid en agter al die glans is daar baie drama en trane, baie reëls en protokol.

Aspoestertjie en die Prins bly ‘n pragtige storie.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.