Lojaliteit is belangrik

lojaliteit is belangrik

Lojaliteit is belangrik in alle verhoudings van werksverhoudings tot familieverhoudings en vriendskapsverhoudings. Sonder lojaliteit kan daar nie vertroue wees nie en sonder vertroue kom dislojaliteit en selfs verraad.

LOJALITEIT IS BELANGRIK

Ek en ‘n vriendin het nou die dag sommer net en gesels oor verhoudings in die algemeen en wat die een ding is wat broodnodig is om enige verhouding te bou en versterk. Sonder aarseling het ek gesê dat lojaliteit volgens my die belangrikste is. Lojaliteit beteken dat maak nie saak wat die ander party doen of sê nie, jy steeds lojaal sal wees.

SOMS MOET JY LAAT GAAN

Partykeer moet jy jouself eerste stel en ‘n vrienskap of liefdesverhouding beeindig omdat die betrokke verhouding nie meer vir jou werk nie en in sekere gevalle het die verhouding toksies geraak. Dit beteken egter nie dat jy of die ander persoon nou alles wat konfedensieël tussen julle gedeel is, nou aan die wêreld daar buite uitgeblaker kan word nie. Dit wat in konfidensialiteit met mekaar gedeel is moet so bly behalwe natuurlik waneer dinge onwettig gedoen en gesê is.

MEGHAN MARKLE

‘n Voorbeeld van dislojaliteit is toe Meghan Markle met Prins Harry op trou gestaan het. Haar gewese beste vriendin van 30 jaar het koerante toe gehardloop en alles rondom hulle vriendskap gaan uitlap. Volgens haar het Meghan die vriendskap met haar beeindig nadat sy vir Meghan gekritiseer het oor hoe sy haar eerste man behandel het. Die vriendin, al was sy ook hoe seergemaak was dislojaal teenoor Meghan en daar kon dalk nog ‘n kans gewees het op versoening, maar na hierdie verraad van die vriendin is die kanse ‘n ronde nul.

FAMILIE IS BIETJIE ANDERS

Familie verhoudings is baie kompleks en ons het nie gekies om deel van mekaar te wees nie, ons bloed dwing ons in mekaar se lewens. Nie alle familielede stel lojaliteit voorop nie en dus kry ons dit dikwels dat familielede mekaar uitverkoop vir die spreekwoordelike pot lensiesop. Die dislojaliteit tussen familie kan families uit mekaar ruk en in twee kampe verdeel. Familie dislojaliteit is anders as byvoorbeeld die dislojaliteit tussen vriende deurdat jy vriende heeltemal uit jou lewe kan sny terwyl dit nie so maklik is met familie nie.

NATUURLIK IS LOJALITEIT BELANGRIK

Waneer ek kies om iets met iemand te deel wil ek weet dat daardie persoon nie sal uitpraat nie dus bly die volgende spreekwoord vir my steeds baie belangrik:

Moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.

‘n Mens kan nie vertroue bou sonder lojaliteit nie en juis daarom is lojaliteit vir my die belangrikste in enige verhouding.

1 Comment

  1. Hannalie

    1 December 2023 at 1:48 pm

    Hallo Amanda, ek skryf redenaarstoesprake. Ek het jou artikel, LOJALITEIT IS BELANGRIK, gebruik in een van my toesorake.
    ATKV vereis dat ek volledig sal sê, wie die persoon is, wat haar spesialiteitsveld is …..
    Is jou van Skrywer? Of wat is jou van?
    Waar woon jy?
    Is jy ‘n Joernalis en Skryfterapeut?
    Baie dankie
    Hannalie

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.