Daar is ‘n baba op die trein

0
(0)

Daar is ‘n baba op die trein

Daar is ’n baba op die trein laat ’n deftige tannie in ons treinwa hoor. Die jaar was 1972. My kleinsus was so tussen kruip en loop – ’n besige baba.

Dit was ons eerste treinreis na my Pa tragies verongeluk het

My Pa was ’n treindrywer so ons het basies op die treine grootgeword. Gereeld trein gery. Ons in die treinwa en my Pa wat die trein dryf. Na sy onverwagse afsterwe  het ons steeds vrypas gekry en kon ons dus soos altyd trein ry. My kleinsus se eerste trein rit was ook ons eerste keer terug op die trein.

My Ma het besluit ons gaan vir my Tannie in Pretoria en vir my Ma se vriendin in die Kaap kuier. Dit het 2 aande op die trein beteken.

Ek was 7 jaar oud, my Ousus 10 en ons baba sussie wat na my Pa se afsterwe gebore is. Treinry was ’n hoogtepunt in ons lewens. Opwindend. Baba sussie het haarself terdeë geniet. Sy kon nie vir ’n oomblik stilsit nie. Op en afgekruip in die gang met  ’n “babygrow” aan. My Ma het in die kompartement gesit en kos voorberei het terwyl ons na baba gekyk het.

Julle kan maar kom eet laat hoor Ma

Opgewonde bestorm ons die kompartement met baba tussen ons twee. Ma gee een kyk en begin lag en lag en lag. Baba is onherkenbaar. Sy is gitswart van  haar kop tot by haar tone. Dis mos ’n stoomtrein. Baba se blou oë is die enigste iets wat vir Ma soos haar kind lyk. Ma neem baba by ons en so deur die lagbuie trek sy die “babygrow” uit. Dis egter nie genoeg nie. Die hande, voete en gesig is vol roet.

Gaan kry warm water by die eetsalon

Ma moet die baba skoon kry. Warm water, seep en skoon klere en siedaar so skoon soos ’n splinter nuwe sikspens! Ons lag nou nog daaroor – dit was groot sports

Reis verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading