Louw Wessels – onderhoud

louw wessels

Dit was die jaar 2006 en ek was ‘n joernalis vir ‘n plaaslike koerant. Ek is gestuur na die plaaslike Skou om die onderhoud met Louw te doen. Daar aangekom was ek verras met hierdie man se talent. Hieronder volg die volledige onderhoud. Geniet dit!

Die man, die woorde, die stem

Die naam Louw Wessels is miskien nie aan almal ewe bekend nie, maar hierdie man het diep spore in die Suid Afrikaanse musiek bedryf getrap.

Die skrywer

Louw is die skrywer agter die treffer liedjie My hart is in Afrika wat bekend gemaak is deur die Belgiese sangeres Dana Winner. Hy het ook Child of the Sun geskryf wat deur Kurt Darren opgeneem is en verskeie van sy liedjies is deur onder andere Thys die Bosveldklong en Zak van Niekers opgeneem.

Die sanger

mikrofoon

Louw se talente eindig egter nie by liedjies skryf nie, hy is ook ‘n uithaler sanger met ‘n stem wat jou rillings langs jou ruggraat af gee. Hierdie man mag maar sing! Hy het reeds 5 CD’s die lig laat sien waaronder ‘n album waar hy die treffers van die country sanger Don Williams sing. Sy musiek kom uit die hart en op sy nuutste CD Neon son, is al die liedjies deur homself geskryf en gesing. My gunsteling op die CD is Double back Doedie en Binnekas.

Musikale familie

Louw kom uit ‘n musikale familie wat bestaan uit 12 kinders waaronder Kudpido wat vir jare lank Cora Marie se sangmaat was. Hulle het met musiek in die huis grootgeword en dit was net ‘n kwessie van tyd voor Louw ook begin optree het. Sy gunsteling sangeres is Cheree en Theuns Jordaan sy gunsteling sanger. Hy is baie lief vir Country musiek maar kan enige goeie musiek waardeer. Louw is ook ‘n ywerige kitaar speler en hou daarvan om voor mense op te tree.

Aitsa

Louw en sy vrou Glenda woon in Oudtshoorn maar reis gereeld met hulle Aitsa Musiek Karavaan die land vol. Louw is trots Afrikaans en bevorder graag Afrikaanse musiek deur Afrikaanse musiek CD’s ‘n prominente plek in sy musiek stalletjie te gee. Ons gaan gewis nog heelwat van Louw Wessels sien en hoor.

Daar is meer

Ek het ook ‘n onderhoud met die pianis Rocco de Villiers gedoen. Geniet.

Op reis met 15 kunstenaars neem jou op ‘n musikale reis.

2 Comments

  1. Karen

    28 April 2023 at 10:29 pm

    As jy weer vir Louw sien, sê asb. vir hom Karen stuur groete van Nashville, USA. Ons was saam op skool in 85.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      29 April 2023 at 6:38 pm

      Karen, lekker om van jou te hoor daar uit die vreemde. Ek sal die groete aflewer indien ek weer met hom gesels. Dankie vir die inloer

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.