Om tot verhaal te kom
DIE SKRYWER
Lizette Rabie is ‘n Professor aan die Universiteit van Stellenbosch se Departement Joernalistiek. Sy was Redaktrise van die tydskrif SARIE en ‘n joernalis vir meer as 20 jaar.
AGTERGROND VIR DIE BOEK Om tot verhaal te kom
In 2009 is een van Lizette se seuns oorlede na selfdood. Lizette het haar smart verwerk deur oor haar gevoelens te skryf.
DIE BOEK
Dis nie jou gewone leesboek nie. Hierdie boek help die leser om tot verhaal te kom en sin te maak van sy of haar smart asook enige ander traumatiese gebeurtinesse. Die skrywer verskaf verskeie maniere hoe die leser deur middel van skryf kan uiting gee aan sy of haar gevoelens.
Sommige mense wil net ‘n papier dagboek byhou van daaglikse gebeure terwyl ander weer heel gemaklik daarmee voel om aanlyn en op sosiale media met ander te kommunikeer. Dit maak nie saak watter tipe die leser verkies nie solank as wat jy net begin skryf en Lizette vertel wat vir haar gewerk het en hoe sy stelselmatig weer vir haarself genesing gevind het.
Lizette neem die leser deur verskeie maniere van skryfterapie in ‘n maklike verstaanbare skryfstyl. Die leser sal aan die einde van die boek beslis lus en moed hê om te begin skryf. Hierdie boek is ‘n eerste van sy soort in Suid Afrika en ‘n aanwins vir elke mens wat belang stel in skryfterapie.
DIE REGTE TYD
Ek het Om tot verhaal te kom aangekoop op 25 Februarie 2020. Die boek het my gefassineer omrede ek alreeds die afgelope 2 jaar skryfterapie beoefen en hierdie gaan juis oor dit.
Op 11 Maart 2020 is Suid Afrika met COVID19 gekonfronteer en op 27 Maart 2020 is ons op grendeltyd geplaas. Dis vir my wonderlik dat ek die boek basies op so ‘n kritieke tyd gekry het aangesien skryfterapie nou meer as ooit belangrik is tydens hierdie traumatiese tydvlak. Skryfterapie is wat my die afgelope paar jare gehelp het om sin uit my omstandighede te maak, my gevoelens te verwoord en te verwerk.
DAAR IS MEER
- Coronavirus klap Suid Afrika – Die virus vind sy pad na Suid Afrika
- Skryf terapie – ‘n artikel deur Amanda
GESELS SAAM
Gaan na my Posbus bladsy
Los ‘n boodskap
Stuur ‘n e-pos
Teken in op my Nuusbrief en bly op datum
Besoek my Engelse webblad Let’s make tea vir nog meer artikels.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you