My gunsteling plek

my gunsteling plek

My gunsteling plek is nie ‘n weelderige hotel of vakansieplek nie.

MY GUNSTELING PLEK

Indien iemand my jare terug sou vra oor my gunsteling plek sou my antwoord heel waarskynlik iets anders gewees het. Tydens die COVID 19 pandemie en die gepaardgaande grendeltyd, het ek net weer besef dat my gunsteling plek is: My huis.

HUIS IS WAAR JOU HART IS

Dis inderdaat die waarheid. My huis is die plek waar ek veilig en geborge voel. My huis is nie uitermatig groot nie, ook is dit nie weelderig nie. Ek het steeds ‘n boks TV en my meubels is meer as 20 jaar oud. Tog verruil ek my huis vir geen geld ter wêreld nie. Tussen hierdie vier mure het ek my kinders grootgemaak en myself gevind. Hier het ek baie gehuil en gelag deur die jare en ook lekker etes gemaak en geëet.

DANKBAAR IS N WERKWOORD

Dankbaarheid kan nie genoeg beskryf hoe ek oor my pandok voel nie. Ek besef daar is baie mense wat nie ‘n huis het nie, dus sê ek elke dag dankie vir die voorreg om ‘n plekkie van my eie te hê.

DIS N KEUSE

Ek is altyd verras waneer mense vertel hoe hulle vasgekluister voel in hulle huise en elke moontlike oomblik gebruik om iewers anders heen te gaan. Dis die teenoorgestelde met my. Ek verkies om by my huis te wees. Mense is welkom om te kom kuier en saam met my ‘n koppie tee en ‘n gemmer koekie te nuttig. Dis altyd lekker om familie en vriende te sien. My huis is egter die plek waar ek myself kan wees, kan dans voor die speel en borrels in die bad blaas.

GRENDELTYD

Met die koms van die Coronavirus het mense by familie en vriende gaan intrek. Ek het egter besluit om nêrens heen te gaan nie. Ek en my hondemaat Millie het die voordeur agter ons toegetrek en dis net ek en sy en die stilte rondom ons en dis pitkos vir my siel. My huis is my gunsteling plek.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.