Amandaskrywer Webblad bywerkings
Amandaskrywer Webblad bywerkings in die laaste drie maande was subtiel gedoen. Dit was nodig om ‘n beter leser ervaring te bied. Ek probeer sover moontlik nie te veel te karring aan my bestaande webblad ontwerp nie. Uit ondervinding is ek deeglik bewus daarvan dat mense geheg raak aan iets en daarmee assosieër. Ek is ook in ‘n mate so. Alhoewel ek verandering nie vrees nie, hou ek daarvan om dinge eenvoudig en beheerbaar te hou.
Die afgelope 3 maande
Deur die jaar het ek gekyk wat werk en wat nie op die webblad en stelselmatig Amanda webblad bywerkings aangebring. Soms het ek gedink iets sou op ‘n sekere manier werk net om dan agter te kom dat dit nie ‘n positiewe verandering was nie. Dan het ek dit of terug verander of iets nuuts probeer. In die toekoms mag ek dalk weer met nuwe dinge navore kom. Ek twyfel of mens ooit 100% tevrede gaan wees.
Die veranderinge
- Die grootste verandering wat ek aangebring het is om kommentaar op die webblad toe te laat. Soos julle weet is ek nie ‘n bewonderaar van sosiale media nie. Tog weet ek dat mens (ek ingesluit) soms die behoefte het om kommentaar oor iets te lewer. Dus het ek besluit om die kommentaar opsie op die webblad oop te maak. Ek is versigtig optimisties dat dit ‘n positiewe interaktiewe ervaring vir my lesers kan wees.
- Op die webblad is ‘n boonste en onderste spyskaart (menu). Die boonste spyskaart bevat bladsye wat dormant en basies net vir inligting is wat weinig verander. Die onderste spyskaart bevat bladsye wat aan spesifieke kategorieë gekoppel is. Al die artikels in die spesifieke kategorie word hier gelys.
Die regterkant van die webblad bevat verskeie wiggies
- Heel bo is ‘n registrasie blok vir die nuusbrief
- Dan volg die 6 nuutste artikels
- Die soek opsie is derde
- ‘n Kalendar is aangebring wat nie net ‘n basiese kalender is nie. Dit dui ook aan wanneer ‘n nuwe artikel geplaas is.
- Hierna volg ‘n webblad inligting blok wat wys hoeveel artikels op die webblad gevestig is en nog meer nuttige inligting.
- Vir diegene wat gewoond is aan die tipiese blog webblad het ek besluit om ‘n argief op die webblad te plaas net na die webblad inligting blok
- Hierna volg die tradisionele Kategorie blok en dan ‘n sleutelwoord wolk.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you