Vreemde kosse en gewoontes

0
(0)
Vreemde kosse en gewoontes

Vreemde kosse en gewoontes sal ons vind in alle lande en kulture. Sommiges is net vreemd totdat ons dit probeer. Ek het groot geword met gekookte kos – rys, vleis, aartappels en groente. Vrydagaande het my Ma vir ons hamburgers en slap tjips gemaak – dit was die hoogtepunt van ons week. Deur die jare het ek bewus geword van meer tipes kosse – meestal danksy die Internet. Mossels en Sushi het ek eers leer eet as volwassene.

In Suid Afrika is daar ook vreemde kosse en gewoontes

Die landelike gebiede eet anders as die dorpenaars en so ook die verskillende provinsies. In die Wes Kaap eet ons braai broodjies saam met ons braaivleis. In Gauteng hou die mense van pap saam met die braaivleis. Soweto sushi – hoenderpote en dier ingewandes is baie gewild onder Soweto inwoners. Tog is daar ook ander mense wat glo dit is heerlik. Dit is iets wat ek nog nie probeer het nie. Ek eet wel lewer en niertjies. Suid Afrika is egter nie die land met die vreemdste disse nie. Dan is daar ook mopanie wurms vir mense wat hou van avontuur.

So eet die aardbewoners van ander lande

  • Japan se lekkerny is tunavis oë
  • Hákarl is ‘n gereg van Ysland. Dit is basies vrot haai en stink iets vreesliks.
  • Thailand se smulgereg is Jing Leed en dit is niks anders as sprinkane gebraai in ‘n pan nie. Natuurlik gegeur met sout en peper.
  • Frankryk is bekend vir slakke en padda bene
  • Vietnam se gereg/ drankie is die hart van ‘n kobra – steeds kloppend in ‘n glas van die slang se bloed.
  • Italië se Casu Marzu is ‘n kaas gemaak van skaap melk met lewende larwes. Blykbaar heerlik.

Ek sal nuwe disse probeer veral onbekende vrugte en groente, maar dink nie ek gaan insekte en slange probeer nie. So ook nie kreef wat lewendig in kookwater gaar gemaak word nie.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

2 Comments

  1. Una

    6 June 2022 at 3:01 pm

    Ek weet nou nie mooi nie. Ek hou van vreemde geregte, maar goeiste Amanda!

  2. Gayle Logie

    6 June 2022 at 11:00 am

    Ek gaan maar verby Vietnaam ry…

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading