Waar gaan die tyd heen?

0
(0)
waar gaan die tyd heen

Tik tok tik tok

Nee dis nie daardie nuwe ding op die Internet nie. Tyd vlieg en dit wag vir niemand nie. Jy moet of bybly of jy mis uit op als wat die lewe ons offer.

Gister ‘n herrinnering

Dit voel werklik soos gister wat ek opgewonde en vol afwagting die grootmens wêreld betree het. Ek kan nog in baie detail onthou hoe ek reggemaak het om vir die eerste keer aleen op die trein te klim na die Polisie kollege toe in Pretoria. Met my drome onder my arm en sterre in my oë het ek vreesloos my eerste tree in my nuwe onafhanklike lewe gegee.

Tussen in

Sommige dinge wil ek vergeet, ek wil dit nie onthou nie – dit maak seer maar dis deel van my gisters, my letsels ook ‘n triomf oor die pyn. My Pa se dood toe ek 5 jaar oud was. Hannes my man se dood toe ons kinders slegs 3 en 5 jaar oud was. Die lief en leed van enkel Ma wees in ‘n wêreld bedoel vir paartjies.

Ander dinge wil ek weer vir ‘n oomblik koester en weer die lekker proe wat dit my toe gebring het. My eerste ontmoeting met Hannes, die man wat my voete onder my uitgeslaan het, wat my ridder op die wit perd was. Die geboorte van my eerste dogter na 3 jaar se sukkel om swanger te word. Die wonderlike verrassing toe my tweede dogter haar opwagting maak. Albei gebore uit my en Hannes se liefde. My kinders se pittige sê goed deur die jare, Familie vakansies op die trein.

Tyd vlieg

My kinders is nou grootmense en ek ‘n Ouma van twee. Ek sien hoe die lewe sy stempel oor ons almal afdruk met plooie en grys hare orals te sien. Ek en my vriendin wat ek in die huishoudkundeklas in St.7 ontmoet het, het saam deur baie dinge gegaan en soms lag ons oor ons skooldae en diep die herrinneringe op.

Die hede

Alhoewel die tyd vlieg, is daar steeds nuwe dinge om te probeer en te ervaar, nuwe veranderinge, vreugdes en vryheid na kinders grootmaak. Met ouderdom kom wysheid, sê die spreekwoord en dis nou waar woorde daardie. Sekere dinge hanteer ek nou anders soos om Nee te sê, iets wat ek nie voorheen kon doen nie. Ek sien die lewe deur nuwe oë, ek geniet die stilte om my en ek vind vreugde in die klein dingetjies om my.

Ek lewe nou ‘n lewe van dankbaarheid, geniet Saterdae se Parkrun en ek lees baie verskillende boeke, woon boek bekendstellings by, doen kort kursusse en drink koffie saam met vriende by die see.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading