Die roomys klokkie
Die roomys klokkie is seker een van die mooiste geluide uit my kinderdae uit veral toe ons in die warm Oudtshoorn gewoon het.
Onthou jy?
Ek onthou nog die opgewondenheid waneer die roomys fiets afgery gekom het in die straat en almal uit hulle huise uitgestorm het om eerste by die karretjie te kom. Dit was net soveel anders om roomys in die straat te koop as in die winkel.
Die roomys klokkie
Vir 18 jaarlank hoor ek gereeld daardie bekende roomys klokkie in my straat lui en as ek buite kom is daar niks nie. Ek kan nie glo ek mis hom elke keer nie. Elke keer moet ek teleurgesteld terug draai huis toe. Ek bêre my roomys geld in ‘n bakkie naby my voordeur sodat ek volgende keer betyds sal wees maar vir 18 jaar mis ek hom elke keer. Dis ‘n ramp!
Die fiets klokkie klink natuurlik heeltemal anders as die roomys kombi sin. Daardie kombi het ‘n deuntjie wat speel..
Die TV reeks met die roomys kombi
Praat van roomys kombi deuntjies. Onhou julle nog Samiritaan? Dit was ‘n storie oor ‘n man wat ‘n roomys kombi ry en dan mense vermoor.? Daardie storie het my vasgenael voor die TV gehou.
Uiteindellik die waarheid
‘n Paar weke gelede is ek buite met my handsak oor my skouer oppad om te ry winkel toe en wraggies daar lui die roomys klokkie hard en duidelik. Uiteindellik! Ek hardloop pad toe, ek is betyds, nou gaan ek roomys by die karretjie koop ….. maar helaas daar is nie ‘n roomys karretjie nêrens in sig nie.
Die klokkie lui steeds en ek sien hoe my buurman skuins oorkant die straat sy hek toeskuif en toe hou die geluid op. Dit was toe nooit ‘n roomys karretjie nie maar my buurman se hek wat toegerus is met ‘n roomys klokkie. Ek stap na hom toe en ons lag te lekker oor 18 jaar se opgewondenheid. Volgens hom het hy die klokkie in ‘n scrap yard gekry en dit toe aan sy motorhek vasgemaak want dis vir hom net so mooi.
Die oorsprong van roomys kom van vêr af.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you