Afrikaanse sêgoed en idiome

afrikaanse idiome en sêgoed

Ek het Afrikaanse letterkunde op skool geneem en ek het die heel meeste van die idiome en pittige sêgoed gehou. Ek hou steeds daarvan om hulle te gebruik en is altyd op die uitkyk vir nuwes.

Vandag wil ek sommer net ‘n paar lekker Afrikaanse idiome en sêgoed met julle deel.

Afrikaanse idiome

Sy aand en more praaitjies kom nie ooreen nie
Wat hy nou sê is nie dieselfde wat hy vroeër gesê het nie

Twee rye spore loop
Dis nou ‘n lekker manier om te sê iemand is dronk

Al dra ‘n aap ‘n goue ring bly hy steeds ‘n lelike ding
Iemand kan baie mooi wees en baie duur juwele dra maar as hy nie ‘n aangename mens is nie, is hy eintlik lelik.

‘n Agterdeur oophou
So ‘n persoon hou vele moontlikhede oop as oplossing in geval van probleme of waneer iets nie uitwerk nie

Agteros kom ook in die kraal
Maak nie saak hoe stadig jy is nie, jy sal ook kom waar jy wil wees

Nog ‘n paar idiome

‘n Stuiwer in die armbeurs gooi
Iemand sê iets net om ook deel van die gesprek te wees al is dit nie nuttig nie

Die een se dood is die ander se brood
Iemand word bevoordeel ten koste van iemand anders

Op die draad sit
Dit beteken dat die persoon verkies om nie kant te kies nie

Ledigheid is die duiwel se oorkussing
Niksdoeners doen stout dinge

Die draak steek
Waneer iemand grappies maak

Die koël is deur die kerk
Dis finaal – daar is geen terug draai kans nie

LEKKER SêGOED

  • Gaan groot of gaan huis toe
  • Hy is so lelik, sy ma roep hom toe oë
  • Ditsem
  • Lekker
  • O hel
  • Vanwaar gehasie
  • Koekerasie kat
  • Genade onbeskryflik groot
  • Ek kan vergewe maar nie vergeet nie
  • Tjoklit bek soentjies

Ek hoop julle het my versameling van idiome geniet. Verras iemand volgende keer met ‘n pittige Afrikaanse sêding. Die webwerf Mieliestronk lys ongeveer 500 idiome. Besoek hulle gerus vir meer.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.