Top 10 artikels van 2020
Top 10 artikels van 2020. Die mees geleeste artikels van Amandaskrywer in 2020 is hier. Van die gewildstes was ‘n verrassing vir my. Die statistieke is volgens Google Analytics. Lees hulle nou vir die eerste keer of sommer weer ‘n keer.
Nommer 1
Die mees geleeste artikel van 2020 is Verskillende kulture in Suid Afrika. Die artikel handel oor die wye verskeidenheid mense wat Suid Afrika deel en hoe ons mekaar eerder moet omarm as oordeel en weg stoot.
Nommer 2
Die roomys klokkie is ‘n ware storie. Daar is egter ‘n kinkel in die kabel. Dit was nie ‘n roomys klokkie wat Amanda gehoor het nie.
Nommer 3
Aspoestertjie en die Prins beklee die 3de plek van mees geleeste artikels. Ons almal ken die fabel en in 2020 het Prins Harry en sy vrou Meghan die Paleis verruil vir ‘n gewone lewe.
Nommer 4
In die artikel Die jaar nader sy einde neem ek die leser op ‘n reis deur die jaar en deel hoe ek myself gevind het en hoe ek die jaar ervaar het.
Nommer 5
In hierdie jaar waar COVID ons lewens oorheers het is dit seker net gepas dat een van die Top 10 artikels van die jaar handel oor die virus. In die artikel Corona dagboek week 6 skryf ook oor my kleinkinders se hartseer oor hulle my nie kan sien nie en my Ma se ontploffing oor sy op hok sit in haar ouetehuis kamer.
Nommer 6
In Kersfees tyd skryf ek oor my Kersfees herrinneringe as kind en hoe dinge verander deur die jare.
Nommer 7
In die artikel Lojaliteit is belangrik gesels ek oor Lojaliteit en hoe families dit aan mekaar verskuldig is. Wanneer jy iemand nie kan vertrou nie, lei die verhouding skade.
Nommer 8
Almal het ‘n plek waar hy of sy veilig voel en tyd by spandeer. In My gunsteling plek vertel ek vir my lesers waar my gunsteling plek is en hoekom dit so is.
Nommer 9
So jy dink jy wil ‘n ster wees handel oor die biografie van Musiek promotor Louis van Wyk. Wat ‘n fees van ‘n boek.
Nommer 10
Uit die binneland is ‘n boekbespreking oor die skrywer Dana Snyman se gewilde boek. In hierdie boek neem hy ons deur sy kinderjare in Ventersdorp, sy wroeginge en ontnugtering oor apartheid en hoe Ventersdorp onlosmaaklik deel is van sy lewe.
Dit bring ons aan die einde van die Top 10 artikels van 2020. Wat was julle gunsteling artikel/s? Deel dit met die lesers.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you