‘n Anderste Nuwejaar

anderste nuwejaar

1 Januarie 2021 het ‘n anderste nuwejaar ingelui. Daar was geen openbare feesvieringe of partytjies nie. Met die virus wat die wêreld in 2020 deurmekaar gegooi het, het meeste mense geglo en gehoop dat dinge teen 2021 uitgewoed sou wees en toe spoel die 2de verwoestende brander oor die wêreld, groter en sterker as die eerste ene. Die realiteit is dat ‘n entstof blykbaar eers teen einde 2021 aan almal beskikbaar sal wees en dit beteken dat ons nog vir ten minste 12 maande versigtig sal moet leef.

Hoop is orals

Die toekoms mag onseker daar uitsien, tog is daar baie positiewe en hoopvolle dinge daarbuite. Ons kan beslis nie op ‘n stoel in ons huise sit en wag vir die entstof om te arriveer nie. Die lewe gaan aan en ons moet leer om met die nuwe normaal saam te leef. Daarmee bedoel ek nie dat ons nou roekeloos moet omgaan met ons en ander se gesondheid nie. Allermins.

Daar is ‘n spreekwoord wat sê: “Waneer die lewe vir jou ‘n handvol suurlemoene gee, maak lemonade” en dis presies wat ons nou sal moet doen. Een positiewe ding wat hieruit vir my na vore gekom het, is dat talle werke van die huis af gedoen kan word. Voorheen was dit veral in Suid Afrika ondenkbaar dat mense van hulle huise af kan werk en ‘n salaris kan verdien. Ander lande is ons ver vooruit wat dit aanbetref.

Mense het skielik nuwe talente ontdek of ou drome uit die kas gehaal en dit reggekry om daarmee ‘n inkomste te genereer. Daar is diegene wat maskers maak, ander bak weer melkterte, doen aflewerings van noodsaaklike items of doen admin werk aanlyn. Daar is selfs persoonlike afrigters wat aanlyn klas gee, boek bekendstellings, ag en sommer nog baie meer.

2021 is ‘n verrassings pakkie

Skielik is alles wat ons gedink seker was in onsekerheid gehul. Jare gelede het iemand my bekend gestel aan die boek Who moved my cheese wat handel oor verandering en hoe om altyd gereed te wees daarvoor en aanpassings te maak. Daardie boek het my baie gehelp om deur 2020 te kom en die veranderinge aan te gryp en in sukses te omskep. Eintlik is hierdie onseker tyd ‘n leerskool waarin ons nuwe dinge kan aanleer en ons kreatiwiteit kan vlerke gee. Geniet die ondervinding!

Dankie vir die saam kuier. Praat saam en teken in op die nuusbrief. Lewer kommentaar en vertel ander van die webblad.

Het jy iets op die hart? Gesels saam

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: