Die jaar nader sy einde

die jaar nader sy einde

Die jaar nader sy einde. Elke jaar bring sy eie uitdagings, vreugdes, hartseer, geleenthede en ervarings en die jaar 2019 is nie anders nie

Die jaar in oorsig

2019 het nie vir my te wonderlik begin nie. Ek het egter ‘n doelbewuste besluit geneem dat ek hierdie jaar sal aangryp en ‘n sukses daarvan sal maak en dat ek nie sou toelaat dat enige iemand my vreugde sou steel of demp nie.. En ek het!

Jy is in beheer van jou lewe

Ek het vir my ‘n doelwit plakaat gemaak en dit in my kamer teen die muur geplak sodat ek daagliks daarna kan kyk en dit my kan motiveer. Elke 3 maande het ek myself geasseseer om te kyk of ek nog op datum is met my doelwitte.

Waneer jy val moet jy weer opstaan

Daar was verseker kere en tye wat ek hard met myself moes praat waneer ek wou terug klim in my boks waar dit veilig is. Soms het ek in my bed geklim en die duvet styf teen my vas gedruk, myself selfs ‘n bietjie jammer gekry MAAR ek het altyd weer myself afgestof en opgestaan.

Beweeg uit jou gemaksone

Ek het hierdie jaar verskeie eerstes gedoen en ek het net heeltyd vir myself gesê dat as ek dit nie nou doen nie, gaan ek terugval in my ou gewoontes en gemak plek waar ek veilig en geborge voel. Die spreekwoord Bly op jou nes jy is ongekwes is hier ter sprake. Ek het hierdie jaar doelbewus myself gedruk want sien ek het die afgelope 5 jaar baie hard daaraan gewerk om Amanda te vind en ek weier om dit nou op te mors.

Sukses in oorvloed

Ek is al 25 jaar lank op my eie maar het dikwels tuisgebly omdat ek nie iemand kon kry om saam met my dinge te doen nie. Hierdie jaar het ek my eie beste vriend geword en haar saamgevat op al my nuwe avonture.

  • Ek het ‘n hele week vir myself gevat waarin ek en Amanda op ‘n padreis gegaan het en die tuinroete verken het.
  • Ou lojale vriende het ‘n waarderings besoek ontvang.
  • Ek het geleenthede uitgesoek en bygewoon en baie nuwe dinge geleer soos om ou boeke te vernuwe, tuinbouklas vir die tuinroete, Italiaanse kookkuns, bullet journalling om slegs ‘n paar te noem

Die jaar nader sy einde en ek kan nie laat slap lê nie. Ek beur voort 2020 lê oop voor met nuwe uitdagings en suksesse wat wag.

Lees gerus my stuk oor Ek het ‘n kunsklas bygewoon en ook Doen nuwe dinge en leer sommer iets net soos zen doodle

Jy kan dit ook doen

Dis binne elke mens se bereik om suksesvol te wees. Begin klein. Maak elke oggend jou bed op – dus het jy elke dag 1 ding suksesvol voltooi. Doen dan nog iets klein soos aleen gaan stap en dan nog iets totdat jou selfvertroue toeneem. Jy sal verras wees oor waartoe jy regtig in staat is.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.