Die Naguil mini koerant uitgawe 6
Dis tyd vir: Die naguil mini koerant Uitgawe 6 van 2021
Ons probeer ons bes om interessante brokkies te kry wat nie agter ‘n betaalmuur skuil en waartoe almal nie toegang het nie. Die hele idee van die Naguil is dat ons met julle dinge deel wat mens nie sommer alledaags op ‘n webblad vind nie.
Welkom aan al die ou en nuwe lesers.
Skrywer sêgoed
“Daar is ook ’n ondertoon van godsdiens in feitlik elke roman. Ek glo dat as ’n mens se godsdiens ’n natuurlike deel van jou lewe is, vloei dit vanself deur na wat jy praat of skryf.” (Die Transvaler, 14 November 1979) – Ela Spence
Oupa Leesuil gesels boeke en sy mense
- Deon Meyer is tot ridder geslaan in Frankryk.
- ‘n Boek oor Suid Afrikaanse rampe het so pas die lig gesien en dis boeiend. Rampe wat onder andere gedek word is mynrampe, treinrampe en selfs die 1914 groot griep.
Stories oor plekke en sy mense
- Afrikaans is ‘n wonderlike skryf en lees taal. Ons skrywers doen goed met liefdes en speurverhale met minder sukses en belangstelling in fantasie skryf. Dikwels word oorsese werke soos Harry Potter vertaal na Afrikaans. Afrifiksie is ‘n webblad in Afrikaans wat hulle daarop toespits om oorspronklike fantasie skryf in Afrikaans te bevorder.
- Hier is ‘n goedvoel video oor ‘n kat wat sy vrees oorwin en ontpop in ‘n atleet van wêreld gehalte. Almal wat al begin oefen en misluk het kan hiermee assosieer.
- Ongelooflike kunswerke wat “verdwyn” en weer verskyn. Werklik uniek.
Pittige Kommentaar
‘n Man moes blitsvinnig die ja woord vra toe ‘n leeu skielik naby hulle brul. Volgens die toekomstige bruid het die leeu hulle geseën met sy gebrul. Sy is Rooms-Katoliek en sien die leeu as simbolies. Ene Sarel Seemonster se kommentaar: As die leeu Rooms is, verstaan ek nou vir eerste keer wat die Roomse Gevaar beteken.
Het jy geweet?
Niks is onmoontlik nie. Sien die groter prentjie. Deel dit op in kleiner dele en stel daaglikse doelwitte.
Kyk uit hiervoor
Jy kan nie vir jouself jok nie is die titel van eerskomende Vrydag se webblad plasing en ja soms dink ons alles sal uitwerk terwyl ons hart en gewete anders dink.
Roep,roep my storie is uit
Dis sowaar alweer groet tyd vriende. Mooi loop en hou die blink kant bo.
Groete
Bertie en Amanda
xxx
P.S. Julle is welkom om julle bydraes in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you