Verskillende kulture in Suid Afrika
Verskillende kulture maak saam Suid Afrika. Ons is bevoorreg om soveel verskillende mense in een land te hê.
Verskillende kulture
Met soveel verskillende nasies in een land is daar ook kulturele verskille. Suid Afrika bestaan uit onder andere:
- Asiërs waaronder Chinese, Japanese, Suid Koreane
- Grieke
- Italianers
- Joode
- Indiërs
- Afrikane waaronder Xhosas, Zoeloes
- Iere
- Amerikaners
- Britte
- Afrikaners
- Turke
Bogenoemde is slegs ‘n paar. Suid Afrika is werklik ‘n mengelmoes van tale en kulture en die een is nie verhewe bo die ander nie. Elkeen bring iets unieks na die Suid Afrikaanse tafel toe.
Geure uit ons land
Waneer ek in my dorp in die straat af stap, is daar verskillende restaurante, Indies, Sjinees, Turks, Grieks, Italiaans. Daar is te kus en te keur volgens elkeen se smaak. Dink net hoe vervelig dit sou wees as al die kos dieselfde was.
Ek geniet al die verskillende geure en smake. Ek het onlangs ‘n Italiaanse kos kursus gedoen waar ek geleer het hoe om pizzas en sekere pastas op die egte Italiaanse manier te maak en dit was so inspirerend om te leer hoe om als op die regte manier voor te berei. Glo my daar is ‘n reuse verskil tussen Italiaanse pizzas en pastas en die Westerse manier.
Ek geniet ook die egte Chinese geregte voorberei deur Chinese chefs. Ons het ook ‘n egte Turkse restaurant waar ons begroet word met tuisgemaakte turkse lekkers en in ‘n Turkse atmosfeer ons maaltyd kan nuttig.
Respek vir mekaar
Trevor Noah het dit vir my duidelik gestel in een van sy Behind the scenes oomblikke. Hy het gesê dat indien ons nie hou van nasies soos bv. Meksikaners nie, kan ons ook nie hulle kos eet of enige van hulle klere dra nie.
Ons kan van mekaar verskil maar mekaar respekteer sonder om ander te verkleineer of te boelie oor hulle gebruike of godsdiens. Die een groep is nie beter as die ander nie. My artikel Sjinese in Suid Afrika skyn ook ‘n lig op hulle stryd in ‘n land wat dink hulle hoort nie hier nie.
Ons sal mekaar ook beter verstaan indien ons eerder ‘n lewe van dankbaarheid leef as ‘n lewe van veroordeling.
Ineke
3 February 2022 at 1:28 amMense is tog so geneig om afgunstig op mekaar te wees. Kom dit egter by iets sien en wil hê is daar geen keer nie. Ek is self ‘n aangelaste Afrikaner omdat ek nie in SA gebore is nie. Tog het ek vir meer as 55 jaar daar gewoon en geleef soos ‘n “regte” Afrikaner. Steeds het daar nou en dan aanmerkings verby gevlieg omdat … nou ja, die afguns hoogty gevier het. Nou is ek hier in ‘n geheel ander land, ander idees, doen en lates. Tog pas mens aan na omstandighede. Soos een blog vriendin dit stel, ‘blom waar jy geplant ‘is/word. Groete van huis tot huis.
Outeur Amanda Skrywer
3 February 2022 at 10:53 amJa Ineke, die Afrikaner nasie van ons is vreemd. Dalk gaan vrees vir die onbekende saam met afguns. Net omdat ons nie ander se herkoms, kultuur en leefwyse verstaan nie, beteken nie ons is reg en hulle verkeerd nie. Daar is ongelukkig steeds ‘n gevoel onder sekere Afrikaners dat ons die God verkose nasie is en dat ons dus verhewe is bo ander. Ek sê sekere want gelukkig is daar ook andere wat nie so dink nie. Ek is bly jy is gelukkig in jou nuwe land.