Uit die binneland – Dana Snyman

Onder die Top 10 van die mees geleeste artikels van Amandaskrywer vir 2020

Uit die binneland – my opinie

Uit die binneland is ‘n slapband 144 bladsye boek wat bestaan uit kort staaltjies uit Dana Snyman se lewe. Die boek is uitgegee deur Human en Rousseau met ‘n eerste uitgawe in Maart 2005 en ‘n tweede uitgawe in Junie 2005.

uit die binneland

Uit die binneland

Dis ‘n maklik lees boek wat jy net eenvoudig nie kan neersit nie. Hy vertel van sy grootword jare, sy kuier by Oupa en Ouma, Kersfees tye saam met die familie en die wonderlike tye van die inry teater.

Dana Snyman agtergrond

Dana is gebore in Stellenbosch. Hy het Joernalistiek studeur na matriek en by die Beeld koerant as misdaad verslaggewer gaan werk. Hy het ook as Joernalis vir Huisgenoot gewerk en as reis skrywer vir Weg tydskrif. Hy is ‘n vryskut skrywer en talle van sy werk is bekroon.

Hy vertel ook van sy worsteling met apartheid en die nagevolge daarvan. Sy worsteling met sy Afrikaner identiteit is so rou en waar soos baie ander Afrikaners. Op bladsy 24 eindig hy sy hoofstuk met:

  • Ek is illusieloos
  • Leierloos
  • Ek is ‘n Afrikaner

Dana beskryf in detail sy mense, sy waarnemings, sy gevoelens. Hy neem die leser saam op al sy avonture en baie van sy kinder stories sal aanklank vind by Afrikaner kinders uit die sewentiger jare. Ons het ook ‘n Royal hotel gehad, ‘n inry, ‘n griekse kafee en mense met donkies.

My opininie

Ek het die boek baie geniet, soms lekker gelag en soms saam gehuil en ander kere my kop geskud vir die foute van die verlede. Ek hou daarvan dat die boek in kort verhaal vorm is met elkeen ‘n eie storie. Die detail waarmee Dana skryf laat die leser deel raak van die storie en kan die leser in sy gedagte die plekke en gebeure visualiseer.

Uit die binneland verdien om gelees te word. Voorwaar ‘n treffer boek.

Lees nog

Tallie se storie is die ware verhaal van ‘n vrou wie se man sy werk verloor en die uitdagings waarmee sy en haar familie gekonfronteer word.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.