Vrae aan God

0
(0)

Vrae aan God. God weet die beste. Sy tyd is volmaak. Hy is almagtig. Tog is daar dinge waaroor ons wil sekerheid kry. So wat van ‘n paar vrae? Dis die naaste wat ons aan God sal kom buiten gebed en wie weet dalk verras God ons met die antwoorde.

Ander se vrae aan God

Hierdie is ‘n klompie vrae wat ander op die Innternet ook oor wonder. Dis bymekaar gesit van verskeie web bladsye.

  • Hoekom is my ouers geskei?
  • Hoekom is daar soveel hartseer en pyn?
  • Hoe kan ek doodseker wees dat ek hemel toe gaan
  • Wat is die doel van my lewe op aarde?
  • Hoekom laat U toe dat kinders mishandel word?
  • Oorlog is orals – selfs in die Bybel. Gaan daar nooit ‘n einde aan oorlogte kom nie?
  • Watter geloof is die regte ene – as almal dan eintlik na God toe lei?
  • Waar kom God vandaan?
  • Hoe weet ek dat God werklik is?

Die Pous

‘n Jong seun (7 jaar) het gevra om met die Pous te praat oor sy grootste vrees. Sy Pa is oorlede sonder dat hy ooit sy hart vir die Here gegee het en tog het hy al 4 sy kinders laat doop. Is sy Pa nou hel toe? Die video is hartverskeurend mooi.

Here as ek mag vra

Soms wens ek dit was moontlik om oor ‘n koppie tee te gesels met die Groot Meester. Alhoewel ek gereeld met God in gebed gesels en selfs vrae aan hom rig sou ‘n 1 op 1 baie insiggewend kon wees. Dis dus met baie nederigheid wat ek sou vra:

Here hoekom het U toegelaat dat my man Hannes so vroeg (30 jaar oud) sterf in ‘n motorongeluk. Dis so dieselfde as toe my Pa op ouderdom 39 jaar ook in ‘n motorongeluk gesterf het. Hoekom?

Hoekom laat U toe dat God vresende families vernietig word?

Wat sou jy vir God wou vra?

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • We also publish original articles, stories and opinions in English
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads