Vandag is spesiaal

Vandag is spesiaal. Baie spesiaal en persoonlik vir my. Ek was by ‘n kruispad in my lewe. My huis en lewe was leeg. Die kinders groot en uit die huis.Soekend na my doel verder na ‘n besige 25 jaar van enkelouer wees met baie uitdagings. Ek het baie dinge probeer maar niks het reg gevoel nie. Ek het gebid vir leiding

Dit het begin as ‘n idee – ‘n manier om my opinie te gee oor dinge en stories te vertel van my lewens ervarings. Skryf terapie -na ‘n traumatiese tyd van onderstrominge in my lewe.

Aanvankliik het ek net vir myself geskryf en briewe vir tydskrifte. Een ding het tot ‘n ander gelei. Ek het meer vertroue gekry en dit het goed gevoel om te skryf en uiting te gee aan my gevoelens. Dit het ‘n ruk geneem om die regte ritme te vind. Aanvanklik het ek ‘n webblad begin met oorwegend engelse inhoud en ‘n sub seksie met Afrikaanse inhoud. Dit het nie lekker gewerk nie .

Vandag is spesiaal

My eerste taal is Afrikaans en ek wou meestal in my huistaal skryf. Op 22 September 2019 het my webblad Amanda Skrywer die lig gesien. Die webblad is ‘n volle 5 jaar oud met meer as 550 artikels in Afrikaans en Engels. My hart is vol van dankbaarheid. Dankie vir elkeen wat my webblad besoek, ‘n boodskappie los en die artikels aanstuur. Weereens dankie.

Die top 5 artikels

Dis altyd lekker om te sien watter artikels die gewildste is so hier is die top 5 artikels van die afgelope 5 jaar.

1. Verskillende kulture in Suid Afrika
Dit het my nogals verras dat hierdie artikel die gewildste ene van die afgelope 5 jaar is.

2. Vyf bybel verse vir bemoediging
Ek kan my nie ‘n lewe sonder God voorstel nie en duidelik is Hy ook vir ander belangrik

3. Gedigte oor geboorte
My eerste probeerslag met gedigte.

4. Sosiale media ja of nee
Sosiale media is nie my gunsteling ding op die internet nie en in hierdie artikel gesels ek daaroor

5. Tien ongewone beroepe
Beroepe wat mens laat dink. Dit laat mens nogals dink

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • We also publish original articles, stories and opinions in English
  • Kosreise is ‘n webblad met resepte en reis stories

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.