Gedigte oor geboorte

0
(0)

Gedigte oor geboorte geskryf deur Amanda Spies du Plessis. Geboorte is emosioneel vir ‘n Ma. ‘n Nuwe lewe. Verantwoordelikheid. Liefde onbeskryflik groot.

Mooi in pienk

‘n Gedig oor die geboorte van ‘n dogtertjie toegedraai in ‘n pienk kombersie

gedigte oor geboorte

Ek wag vir jou Kom tog gou

Hier is jy nou

Liefde vir jou

Mooi is my nooi

in pienk getooi

Simbool van liefde

Geboorte is die resultaat van liefde tussen twee mense. ‘n Wonderwerk

Jy is uit my gebore, ‘n simbool van liefde

Jy is net vir my geleen

Jy gaan foute maak en ek ook.

My liefde vir jou is eindeloos

Ek het soveel ideale en drome vir jou.

Vir nou wil ek jou net teen my hart koester

hierdie oomblik vir altyd onthou

My Jasmyn kind

Die tweede kind voel dikwels minder spesiaal en veral wanneer dit ‘n onbeplande swangerskap was

Tweede gebore, nie tweedehands

Onverwags, ‘n verrassing voorwaar

Vreugde bring jy

Liefde daarby

Welkom is jy, My jasmyn kind

Twee keer gebore

Geboorte is nie altyd ‘n fisiese ding nie. Soms is dit ‘n hergeboorte as mens. ‘n Nuwe mens

Ek was verlore in hierdie wêreld

Soekend, verward

Wat is die rede van my bestaan?

Waar pas ek in die legkaart?

Dit hang van my af

My besluite bepaal my pad

Ek beur voort die opdraende uit

Ek moet dit vir myself doen

Ek is weer gebore

‘n Nuwe mens, ‘n nuwe lewe

Steeds ek, net ‘n beter ek

Twee keer gebore

Ek is hier

Uit die mond van die pasgebore baba. Of so dink ek

Hallo Mamma

Hallo Pappa

Ek is hier

gebore uit liefde

Dis ‘n vreemde wêreld

en ek is bang

Dis vreemde gesigte

en ek verkyk my

Waar begin ek?

Waar gaan ek heen?

Waar is my kos?

Waar gaan ek slaap?

Dankie vir ouers

Dankie vir oupas en oumas

Dankie dat ek gebore is

Dankie wêreld

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading