10 ongewone beroepe
10 ongewone beroepe waarvan min mense kennis dra. Sommige beroepe is uniek van aard en ander is beroepe waaraan ons nie gedink het nie. Hoe ook al beroepe is nie altyd jou voor die hand liggende werke nie.
1. Golf bal uitduiker
Glen Berger het 10 jaar gelede op die idee gekom om golf balle uit te duik nadat hy uit geld en werk uit was. Daar is ongeveer 100 duikers waarvan hy kennis dra. Glen duik meestal by Florida Golf parke vir balle waarna hy dit skoon maak en weer verkoop. Dit blyk ‘n lonende besigheid te wees.
2. Speelgoed ontwerper
Die speelgoed bedryf is groot en iemand moet die speelgoed ontwerp. Speelgoed ontwerpers kan vir hulleself van die huis af werk of inskakel by ‘n speelgoed besigheid se ontwerp span. Vir hierdie beroep moet jy naskoolse kollege kwalifikasies hê of ‘n internskap doen.
3. Etiese kuberkraker
In hierdie beroep toets die etiese kuberkraker die sekuriteit en veiligheid van besighede – privaat en staats instansies. Hulle word ook ingespan om lande se veiligheid en sekuriteit te toets en swak plekke uit te wys. Hierdie beroep vereis ‘n kwalifikasie in Netwerk sekuriteit.
4. Kleur konsultante en Ontwerpers
Ons lewe in ‘n gemeenskap waar kleur ‘n belangrike rol speel. Kleur konsultante is ‘n professionele beroep en het te doen met kleur se interaksie op die mens.
5. Troeteldier kos toetser
Alhoewel daar ook diere is wat help met die toetse word mense ingespan om troeteldier kos te ruik, proe en selfs aan te raak. Verslae word geskryf en punte toegedien.
6. Linne toetser
Jy word betaal om in eksklusiewe 5 ster hotelle oor te slaap en die linnegoed uit te toets. In ruil vir die uitslaap moet jy verslae skryf en punte toedien.
7. Waterwurm Inspekteur
Dink net – jy ry heeldag waterwurms en word betaal daarvoor. Eers word die waterwurm (sonder water) deurgegaan vir defekte voordat dit met water getoets word.
8. Slang melker
Dit is nou omtrent ‘n vreemde tipe werk. Jy word betaal om slange te melk vir hulle gif. Hiervan word dan teen-gif gemaak vir slangbyte. Dus help jy om lewens te red.
9. Rot hanteerder
Rotte is goed daarmee om landmyne uit te snuffel dus sal jy saam met jou rot kollega werk om die land vry te maak van landmyne.
10. Reuk snuffelaar
Vir hierdie beroep moet jou reuk sintuig baie goed wees. Jy snuif mense se kieliebakke asook parfuums en ander skoonheids produkte.
Hierdie 10 ongewone beroepe is net ‘n klein deel van die baie alternatiewe beroepe.
scrapydo2.wordpress.com
3 June 2022 at 10:46 pmPaar interessante onbekende werke wat jy hier noem. My seun is een van daardie ouens wat brandalarms elektronies aan die gang hou of herstel. Dis alarms vir groot geboue en maatskappye. Hy is ook gedurig besig om dit te vebeter.
Amandaskrywer(Aduppie)
6 June 2022 at 9:49 amDis ook iets waarvan ek nog nie gehoor het nie. Duidelik is daar vele anderste beroepe daar buite.
Gayle Logie
3 June 2022 at 10:57 amEk gaan liewerste nie die reuk snuffelaar pos voor aansoek doen nie… kieiebakke is nie my sterk punt nie!
Amandaskrywer(Aduppie)
6 June 2022 at 9:48 amHaha ek dink ook nie dis vir my nie.