5 Bybel verse vir bemoediging

5 Bybel verse vir bemoediging wanneer jy voel na opgee. Hierdie bybel verse sal jou dra wanneer jy voel niemand gee om nie.
Job 42 vers 10
En die HERE het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die HERE het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.
(Ek het al ‘n paar sulke woestyn reise beleef en hierdie vers dra my elke keer. Niks hou vir altyd aan nie, hou moed – dinge sal weer beter gaan)
Jesaja 12 vers 1-2
EN in dié dag sal jy sê: Ek dank U, Here, dat U toornig op my gewees het; u toorn is afgewend, en U het my vertroos. Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die Here Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.
(Hierdie vers beteken vir my dat selfs wanneer ek iets gedoen het waarvan die Here nie hou nie, vergewe hy my en staan by my. Hy is lojaal en getrou)
Psalm 27 vers 1-3
Die Here is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die Here is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees? As kwaaddoeners teen my nader kom om my vlees te eet — my teëstanders en my vyande, ja, myne — struikel hulle self en val. Al word ‘n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan ‘n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek.
(Almal van ons het al deur donker duisternis gegaan veral wanneer iemand by jou werk, vriende kring of selfs familie lede jou lewe versuur. Jou seer maak. Hierdie vers sal jou dra wanneer jou bene nie meer kan nie.)
Psalm 55 vers 23
Werp jou sorg op die Here, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.
(Voordat jy verswelg word in jou ellendes en swaarkry, lees hierdie vers. Die Here staan by jou, hy sal jou nooit los nie)
Jesaja 40 vers 31
maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
(My eie lewe is ‘n getuigskrif van die krag en genade van die Here. Amen)
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you