Naguil koerant 8 van 2024

Beste leser


Die naguil koerant 8 van 2024 is kant en klaar en reg om te lees. Daar is onder meer stories van ‘n onwaarskynlike Michelin chef, duur motorhuise en ‘n musiek konsert tussen die dooies. Soos altyd lag ons saam, bewonder ons aan mooi tuine en luister na mooi musiek. Geniet al die video’s, artikels en musiek. Tot volgende keer. Fluit fluit my storie is uit.

Elke maand kyk ons dieper na ‘n skrywer- bekend of onbekend

Laurens van der Post (13 Desember 1906 – 16 Desember 1996)


Kenmerkend vir sy werk is die beskrywing van verhoudings tussen mense, sy kennis van die lewe van die San en sy belangstelling in die wysbegeerte en die psigoanalise. Die meeste van sy werk is liries, beeldryk en sterk outobiografies van aard. Dit is meestal gebaseer op sy eie ervaringe in Afrika, veral Suid-Afrika, waarmee hy altyd ‘n noue band behou het, en op sy ervaringe gedurende die oorlog in die Verre Ooste. – Wikipedia

musiek kollig

Die Christelike groep Mercy me se lied Flawless is so mooi. Geniet

video kollig

Hierdie video het my laat terug dink aan ons tikklas op skool.

  • Wie sou nou ooit kon dink dat ‘n eenvoudige gereg gemaak en bedien uit ‘n waentjie kan bekroon word met die gesogte Michelin ster? Dis egter presies wat met Chan Hon Meng gebeur het. Hy kon dit self nie glo nie.
  • Ryk mense se inkopies – Bid jou aan: ‘n Motorhuis in Kaapstad is te koop vir R2.2 miljoen. Ja regtig en dis net vir die motorhuis (sonder die huis) . Oja en dis ‘n enkel motorhuis.
  • Jy kan nou gaan vakansie hou in die oorspronklike huis waar die Beatles se musiek loopbaan begin het in Liverpool. Luister na die musiek ikone se musiek heeldag lank en slaap in die kamers waar hulle na hulle konserte oornag het.
  • Wene, Oostenryk hou jaarliks ‘n musiek konsert in die begraafplaas waar Beethoven begrawe is. Hulle vier die lewens van die afgestorwenes asook diegene wat steeds lewe. Raar maar waar
dieresake

Olifante is my gunsteling wilde diere. Intelligente sosiale wesens met emosies. In hierdie video speel hulle met ‘n bal in die reservaat waar mishandelde olifante versorg word. Te oulik

grapjas

Pa’s met babas. Dubbel die lag. Geniet

Tuin praaitjies is n nuwe byvoeging tot die Naguil koerant waar ons gesels oor plante en blomme, mooi tuine van regoor die wêreld.

  • Vind inspirasie uit hierdie “secret garden”. Sit terug en geniet die mooi
ou boek kollig

Hierdie boek het my as tiener geboei en ek was verheug toe ek dit onlangs in die hande gekry het. Dis ‘n boeiende verhaal wat mens op die punt van jou stoel hou.

Ciske – Piet Bakker

Ciske, oorspronklik in Nederlands uitgegee, is vandag ‘n wereldberoemde boek. ‘n Film is ook oor die boek gemaak. Ciske is ‘n 11 jarige verwaarloosde seun wat in ‘n verbeteringskool beland nadat hy sy ma met ‘n mes dood steek.. Soveel dinge gebeur met hom . Die boek is in 1941 geskryf en nog 2 boekle het hierna gevolg.

nuwe boek kollig

Beeld 50 is ‘n samestelling van stories en die stories agter die berigte soos vertel deur verslaggewers.“Nooi, ek praat nie met julle nie. Julle lieg van bladsy een tot die einde . . . maar ek is nie so seker van die sport nie.” – “Kommandant-generaal” Fritz Meyer van die Wenkommando aan Carolien Saayman van Beeld.

Kosreise vervang die die vinnige resepte in die Naguil koerant. Kosreise is n nuwe webblad uit die pen van Amanda met resepte, kosstories, treinstories en kosstories van Suid Afrika na verskeie ander lande. Ons maak fynproewer kos in ons eie kombuise en leer nuwe resepte en idees.

bybel vers

Philippians 4:6 New Living Translation (NLT)

Don’t worry about anything; instead, pray about everything. Tell God what you need, and thank him for all he has done.

Julia en Michael is ‘n tweeling. Terwyl sy normaal is, is hy gebore met erge Down syndroom. Dit maak egter geen verskil in hulle liefde vir mekaar nie. Michael kan nie praat nie en tog verstaan sus Julia hom.

Daar is baie potensiële skrywers daarbuite wat ’n hupstoot nodig het sodat hulle drome kan vlerke kry.

Die Naguil koerant is ‘n aanlyn koerant wat maandeliks gratis op die webblad verskyn. Kliek op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike storie.


Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.