Sosiale media ja of nee

sosiale media ja of nee

Daar is heelwat sosiale media tipes maar vir nou gaan ek fokus op Facebook, Instagram, Twitter, LinkedIN en YouTube.

VOOR SOSIALE MEDIA

Ek het in die jaar 2000 by die Internet gemeenskap aangesluit en ‘n wonder wêreld het vir my oopgegaan. Daar was aanhanger klubs vir bekende mens met ‘n webblad waar jy op die forums kon saamgesels en eposse stuur. Jy kon enige ding in die soek enjins intik en ‘n wavrag inligting het oopgelê voor jou. Webbladsye was meestal ‘n plek waar jy kon kuier en mense ontmoet wat dieselfde belangstellings as jy gehad het.

Aanlyn speletjies was lekker en ontspannend. Alhoewel die Internet vinniger was as slakkepos van vroeër, was daar steeds ‘n wag tydperk waneer jy per epos kontak gemaak het.

DIE GROOT VAN SOSIALE MEDIA

LinkedIN

LinkedIn het sy buiging in 2002 gemaak as ‘n manier vir werkers en werkgewers om mekaar te vind. Alhoewel dit as ‘n sosiale media groep bekend is, is dit volgens my eintlik ‘n goeie manier vir werkers en werknemers om kontak te maak.

Facebook

Facebook is in 2004 gestig en dit het die Internet heeltemal verander. Volgens Mark Zuckerberg was dit eintlik bedoel vir vriende en familie om ‘n maklike manier te wees om met mekaar te kommunikeer. Facebook het egter deur die jare baie verander deurdat hy aanlyn speletjies, bladsye en groepe onweerstaanbaar vir mense gemaak het. Ek het wel nog ‘n privaat Faceboek blad wat ek slegs gebruik om in kontak te bly met vriende en familie wat ver bl. Ek gebruik Facebook ook vir sy geleentheids (events) opsie.

Instagram

Instagram het in 2010 die lig gesien wat meestal gefokus is op foto’s dus meer visueel. Ek het ‘n paar maande daarmee gespeel maar kon net nie regtig aanklank vind daarby nie. Ek is ook nie iemand wat daarvan hou om elke ding wat ek doen en eet vir almal te wys nie. Na minder as 6 maande het ek belangstelling verloor en my instagram profiel verwyder.

YouTube het in 2005 die kollig betree en ‘n nuwe tendens begin. YouTube het vir my deur die jare baie geleer en dis meestal waarvoor ek dit gebruik – van diy videos tot onderhoude, konserte, motivering. Ek is heeltemal daarvan bewus dat daar baie YouTube preneurs is maar ek is nie deel van daardie hype nie.

Twitter

Twitter het met sy tjirps in 2006 op die toneel verskyn en aanvanklik was ek mal daaroor. Dit het egter volgens my in die mees disfunksionele platform ontaard wat haat en verwoesting saai en die ergste in mense na vore bring. Ek het my Twitter profiel in Mei maand gesluit en ek twyfel of ek ooit weer daardie platform sal betree.

sosiale media

DIS NIE VIR MY NIE

Die Internet het van 2000 tot 2019 ontsettend baie verander en sosiale media het baie van die lekker van die Internet af weggevat. Ek besef terdeë dat sosiale media ‘n goeie bemarkings platform vir besigheid kan wees.

Volgens my is sosiale media oor die algemeen toksies vir verhoudings en skep sosiale media ‘n vals beeld van en vir mense. Na vele oorwegings het ek toe besluit om dinge minder toksies vir myself te maak en het ek besluit om Twitter en Instagram permanent te verwyder en Facebook te beperk tot privaat vriende en familie. YouTube is slegs vir my vermaak en om dinge te leer.

INTERNET VERSLAWING IS NIE NUUT NIE

Selfs in die begin jare was daar mense wat dinge oordoen het. Gesels kamers oftewel Chat rooms was uiters gewild en menigte mense het met hewige telefoon rekenings gesit omdat hulle ure lank per dag in die gesels kamers gekuier het. In die dae toe dit nog dial-up internet was en jy telekemale moes her kontak maak was die internet kostes nogals hoog. Gelukkig het ek nie ‘n verslawende persoonlikheid nie.

JOU OPINIE

Hoe voel julle oor sosiale media? Watter platforms gebruik julle? Gaan asb. Na my kontak bladsy en stuur ‘n boodskap of epos.

DAAR IS MEER

Miskien voel jy lus om uit die huis te kom en nuwe dinge te probeer maar jy weet nie waar om te begin. Lees dan gerus my stuk oor Doen nuwe dinge.

Ek is beslis nie al een wat nie so baie lief is vir sosiale media nie, lees gerus oor die gevare van sosiale media vir veral ons kinders in hierdie artikel.

My Engelse webblad nl. Let’s make tea bied die leser nog leesstof.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.