Kulture: Sjinese in Suid Afrika

Kulture: Sjinese in Suid Afrika

Kulture: Sjinese in Suid Afrika kan in twee groepe verdeel word. Diegene wat vanaf China of ander lande hierheen gekom het en dan is daar diegene wat hier gebore is. Hierdie artikel het ten doel om die wanopvattinge rondom Sjinese uit te wys sodat ons as Afrikaners ‘n beter begrip vir hulle kan hê

If you know better, you do better – Oprah Winfrey

Agtergrond

Die eerste opgetekende Sjinese is onder dwang na die Kaap gebring in 1660. Meeste was gevangenes van Holland. Vanaf 1870 is die Sjinese hierheen gelok om in die myne te kom werk. Daar was egter ‘n negatiewe reaksie vanuit blanke geledere en die Sjinese kon nie die nodige permitte kry nie. Dus het hulle klein besighede begin om te oorleef. Na die Anglo Boere oorlog is Sjinese na Suid Afrika gebring om in die myne te kom werk. Tydens hierdie tydperk is ras gedrewe wette teen die Sjinese ingestel wat tot protes aksie gelei het waarby Mahatma Ghandi betrokke was.

Sjinese tydens Apartheid en daarna

Onder Apartheid is Sjinese meestal as Kleurlinge gesien en geklassifiseer. Daar was groot skaalse onteienings en mense regte vergrype onder die vaandel van die Groepsgebiede wet van 1950.

No group is treated so inconsistently under South Africa’s race legislation. Under the Immorality Act they are Non-White. The Group Areas Act says they are Coloured, subsection Chinese … They are frequently mistaken for Japanese in public and have generally used White buses, hotels, cinemas and restaurants. But in Pretoria, only the consul-general’s staff may use White buses .. Their future appears insecure and unstable. Because of past and present misery under South African laws, and what seems like more to come in the future, many Chinese are emigrating. Like many Coloured people who are leaving the country, they seem to favour Canada. Through humiliation and statutory discrimination South Africa is frustrating and alienating what should be a prized community. – South African Institute of Race Relations.

Na die beïndiging van Apartheid het meer Sjinese na Suid Afrika immigreer. Meeste is gevestig in Johannesburg en omtrekke.

Prominente Sjinese in Suid Afrika

Sjinese in Suid Afrika is oor die algemeen wets gehoorsame burgers wat ‘n groot bydrae lewer tot ons Land se ekonomie en is aktief in gemeenskappe betrokke.

  • Shannon Kook is gebore in Suid Afrika en is ‘n akteur
  • Michael Sun is ‘n lid van die Johannesburgse burgermeesters komitee
  • Patrick Soon-Shiong is ‘n mediese spesialis en oorplantings sjirurg
  • Jen Su is ‘n sangeres en Tv en Radio persoonlikheid
  • Sherry Chen is ‘n Besigheidsvrou en voormalige lid van die Parlement
  • Chad Ho is ‘n kampioen marathon swemmer

Wanopvattings oor Sjinese burgers

Alhoewel daar in Suid Afrika mense van ander Asiese lande hulle hier gevestig het oor die jare word almal onder die naam Asiër geklassifiseer. Onder hierdie groep tel onder andere mense van Korea, Japan, Taiwan.

  • Alle Sjinese mishandel en eet katte, honde, vlermuise en ander eksotiese diere – nie waar nie. Daar is meer Sjinese wat diere liefhebbers en vegetaries is.
  • Alle Sjinese is Kung fu kenners – nie waar nie
  • Sjinese is in Suid Afrika geplaas met die doel om Suid Afrika oor te neem – onwaar
  • Sjinese praat Sjinees – hulle praat Mandarin of Cantonese en in Suid Afrika praat baie Sjinese Afrikaans, Engels en talle van die sogenaamde swart tale
  • Sjinese is Aliens en dus nie mense nie – onwaar
  • Sjinese in Suid Afria is ivoor jagters – nonsens
  • Die Sjinese in Suid Afrika betaal nie belasting nie en die geld word aan die Chinese Regering oorbetaal – onwaar

Vreemdelinge haat

Sjinese is dikwels die teiken van vreemdelinge haat soos in 2019 na ‘n insetsel op Carte Blanche oor die mishandeling van donkies. Nege mense is aangekla. Onskuldige Sjinese in Suid Afrika moet dit dikwels ontgeld wanneer ‘n negatiewe berig oor Sjinese in die media verskyn. Die COVID pandemie. Berigte oor die eet van troetel diere. Ivoor smokkel. ‘n Mens kan nie alle Sjinese onder dieselfde kam skeer nie. Hou ‘n individu verantwoordelik, nie ‘n hele gemeenskap nie.

Afrikaners en Sjinese

Dikwels is Afrikaners voor in die koor wanneer daar teen Sjinese gedisrimmineer word soos die rasse haat wat die Sjinese ervaar het met die insetsel oor die donkies. Ons Afrikaners kan beter doen. Ons weet eerstehands hoe dit is om aan die ontvang kant te wees. Onthou die Anglo Boere oorlog en die afbrand van die plase. Ons mense in konsentrasie kampe. So hoekom wil ons dieselfde aan ander doen? Wat het ons om te verloor wanneer ons ander minderhede in die land leer ken en verstaan? In werklikheid is ons voorouers almal Immigrante. Die enigste oorspronklike mense is die Khoisan. Suid Afrika het plek vir almal van ons onder die Afrika son.

My ervaring

Ongeveer 4 jaar gelede het ek die Nan Hua Tempel besoek. Ongelooflik mooi. Almal was vriendelik en behulpsaam. Nadat ons tee gedrink het in die Restaurant het ons teruggestap na die motor toe. By die uitgang van die tempel was ‘n Afrikaanse Pa en sy jong seun. Ongeveer 10 jaar oud. Die Pa het sy seun voorgesê om die muur te beskadig wat die seun toe gedoen het terwyl sy Pa hom beloon het met ‘n Mooi so seun. Ons het hulle gekonfronteer. Die Pa se antwoord: Ag man, wat worry jy, hulle is kommuniste en hierdie plek is van die duiwel af. En toe as verdediging van sy optrede las hy by: Ek is ‘n Christen. ‘n Monnik van die tempel het alles gade geslaan. Laggend het Pa en seun in hulle motor geklim en weggery. Ek wonder steeds hoekom hulle die tempel besoek het as dit is hoe hulle voel en wat ‘n swak voorbeeld is hierdie Pa nie vir sy jong kind nie. Ons moet beter doen en mekaar verantwoordelik hou.

Daar is meer

Hierdie artikel dek slegs ‘n klein deel van die Sjinese in Suid Afrika. Daar is nog baie om te leer oor Suid Afrikaanse Sjinese en Sjinese Immigrante.

  • Yellow and Confused is geskryf deur Ming-Cheau Lin is ‘n Immigrant van Taiwan. Hierdie boek vertel die verhaal van hoe haar ouers na Suid Afrika geïmigreer het. Sy vertel ook hoe sy as die kind van Immigrante dit ervaar het om in Suid Afrika groot te word.
  • Just add Rice stel ons bekend aan Oosterse kosse met Suid Afrikaanse flair. Die boek is geskryf deur Ming-Cheau Lin.
  • Chinese South Africans is ‘n wikipedia artikel en gaan in baie meer detail.
  • Proudly Chinese SA is ‘n organisasie wat hulle beywer vir die regte van Sjinese in Suid Afrika
  • The Chinese Association (Gauteng) is een van die oudste Sjinese organisasies in Suid Afrika
  • Nan Hua Temple is ‘n Budiste tempel wat oop is vir besoekers.

Indien jy ‘n positiewe bydrae to Kulture: Sjinese in Suid Afrika kan en wil lewer is jy welkom. Onthou egter dat geen rasistiese kommentaar of haatspraak toegelaat word nie.

Het jy iets op die hart? Gesels saam

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: