8 WordPress plugins vir jou webblad

0
(0)
8 WordPress plugins vir jou webblad

8 WordPress plugins vir jou webblad. Hierdie is die basiese plugins wat jy nodig het om jou webblad se funksies te verbeter. Daar is ‘n enorme hoeveelheid wordpress plugins of uitbreidings soos dit in Afrikaans genoem word en baie van hulle is gratis. Die plugins help om jou webblad meer produktief en toeganklik vir die lesers te maak. Plugins is maklik om te installeer. Gaan na plugins, soek die ene waarin jy belangstel. Kliek op install en dan aktiveer. So maklik soos dit.

8 WordPress plugins vir jou webblad.

1. Jetpack

Hierdie plugin is ‘n absolute moet vir almal. Daar is soveel funksies wat nuttig is vir jou webblad. Nadat jetpak aktief gemaak is kan jy gaan na Jetpack se settings bladsy en kies watter van die funksies jy wil gebruik.

2. Monster insights

Ten eerste moet jy Google Analytics op jou Google rekening aktiveer en dan laai jy monster insights in wordpress af en aktiveer dit. Hierna sal jy kan sien hoe jou webblad groei met goeie betroubare statistieke. Ek geniet dit om na die statistieke te kyk en te sien waar ek kan verbeter.

3. List category posts

Hierdie is ‘n pakkie dinamiet. Met hierdie plugin kan jy kies watter kategorie artikels op watter bladsy moet verskyn. Ek vind hierdie plugin uiters handig veral oordat ek al my artikels georden wil hou waar dit maklik gevind kan word.

4. Simple blog stats

Nog ‘n klein eenvoudige plugin wat ‘n groot funksie dien. Hierdie plugin maak van Shortcodes gebruik. ‘n Voorbeeld van wat jy met hierdie plugin kan doen kan gesien word in die widget afdeling van my webblad waar die statistieke van die webblad weergegee word.

5. Yoast SEO

Ek is nie goed met SEO nie en hierdie plugin maak dinge soveel makliker. Dit wys vir jou wat jy moet doen om jou skrywes aanvaar te kry vir die Internet. Dit is ‘n belangrike plugin vir beginners asook vir mense wat gevorderd is.

6. WP maintenance mode

‘n Plugin wat vir jou lesers vertel dat jou webblad opdateer word. Ek gebruik dit wanneer ek ‘n groot aantal veranderings wil aanbring.

7. Aksimet

Seker een van die beste plugins om sekerheid vir jou webblad op te skerp. Hierdie plugin is ingesluit by die installasie van wordpress.

8. Contact form 7

‘n Eenvoudige plugin wat jou help om ‘n kontak vorm op jou webblad te sit.

BONUS:

Ultimate Beginner’s Guide to Google Analytics 4

Hierdie plugin sal jou help met die opstel en verstaan van Google Analytics. Beslis ‘n waardevolle byvoegsel.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading