Naguil koerant uitgawe 12 van 2022

Naguil koerant uitgawe 12 van 2022

Naguil koerant uitgawe 12 van 2022 is nou op die webblad beskikbaar.

Die Naguil is ‘n aanlyn koerant wat weekliks op Amandaskrywer gepubliseer word met Bertie die Naguil as gasheer . Die koerant laat jou weet van stories oor mense en boeke. Reageer op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike.

Bertie aan die beurt

Goeie dag julle. Die winter is aan die kom. Maak julle boeke bymekaar – dis tyd vir lees en tuisgemaakte sop. Die winterson is my gunsteling plek – vir ‘n vinnige slapie en nabetragting.

Skrywers en Boeke

  • As die katjiepiering blom deur Audrey Jantjies is die verhaal van Lea van die platteland wat stad toe verhuis en al haar wedervaringe, gevoelens en menseverhoudings.
  • Pandora is ‘n historiese roman uit die pen van Susan Stokes-Chapman . Hierdie besonderse boek bevat gotiese elemente. Verskillende lewens van ryk en arm. Boeiend


Stories oor plekke en sy mense

  • Die Afrikaanse taalmonument is in die nuus – Die geagte Minister van Kultuur wil sowaar sy naam verander. Dis nie ‘n April grap nie.
  • ‘n Olifant het ‘n bokkie se lewe gered deur ‘n groot geraas te maak toe die bokkie in ‘n dam geval en amper verdrink het.
  • Internasionale museumdag is op 18 Mei 2022 gevier met ‘n laser oorlog tussen Boer en Brit.
  • Walter Orthman is ‘n 100 jaar jonk en werk al 84 jaar vir dieselfde maatskappy.

Engelse stories

  • All the truths from Dr, Quinn – Die baie gewilde Dr. Quinn medicine woman was ‘n meesterstuk. Dit het baie waarhede en historiese feite bevat. In hierdie artikel gesels ons oor al die waarhede
  • 5 Things for good brain health – Dis nie net ons lywe wat oefening nodig het nie. Ons brein verouder en verswak deur die jare – daar is egter oefeninge om ons brein helder en fiks te hou
  • Open letter to leaders – Dit is ‘n eer en ‘n voorreg om ‘n leierskap posisie te beklee. Swak leiers is daar baie en hierdie vrot appels bring goeie leiers ‘n oneer aan.
  • Drink tea give hope – Tee word regoor die aarde gemaak en gedrink by groot en klein funksies, parlemente, privaat wonings en selfs tydens oorlog. Maak tee en gee hoop

Stof tot nadenke

Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. JOHANNES 15:2 (AFR83)

Roep,roep my storie is uit

Hoop julle het die uitgawe geniet. Tot volgende keer. Kyk mooi na julleself en julle geliefdes en ook na die ander lewende wensens en die natuur.
Groetnis vanuit die woud
Bertie
xxx

P.S. Julle is welkom om julle bydraes van mense, plekke in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels. Rig julle skrywes aan Bertie.

2 Comments

  1. scrapydo2.wordpress.com

    12 June 2022 at 2:25 am

    As die Katjiepiering blom se skakel werk nie. Ek hoop jy hou aan met die koerant. Dit gee my so ‘n happie Afrikaans om op te kou vir die lekker.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      12 June 2022 at 12:41 pm

      Danie vir die laat weet van die skakel – dit is nou herstel. Ek gaan verseker volhou met die koerant – bly jy geniet dit

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.