Naguil

die naguil mini koerant

Die naguil mini koerant verskyn Woensdae op die webblad. Dit is ‘n positiewe koerant met brokkies nuus van Suid Afrika en die res van die wêreld. ‘n Bietjie goed voel nuus om jou deur die res van die week te dra. Welkom. Uitgawes word onder aan hierdie bladsy gelys

Hoekom die naguil

Die Afrikaanse naguil is deel van die uil spesie en is beroemd daarvoor dat hy ‘n kenmerkende herhalende roep het wat klink soos ‘good-lord-deliver-us’. Aangesien die Naguil mini koerant verskeie plasings oor verskillende dinge gaan hê klink dit soos ‘n Naguil.

Die doel van die naguil

Amanda is aktief op die Internet en lees en sien baie dinge raak wat sy graag met haar lesers wil deel. Soms is dit net ‘n paragraaf oor iets. Dit is egter nie die moeite werd om ‘n hele plasing oor iets te maak wat net ‘n paar sinne lank is nie. Die naguil maak dit moontlik om verskeie klein goedjies (soos Nataniël sal sê) bymekaar te gooi en elke week al daardie brokkies bymekaar te maak en in ‘n volwaardige plasing te publiseer.

Wat van die Nuusbrief?

Die naguil vervang nie die nuusbrief nie. Dit is net ‘n ekstra iets vir die lesers. Die Nuusbrief word weekliks uitgestuur na lesers terwyl die naguil slegs op die webblad gepubliseer word.

Elke uitgawe van die naguil word deur Amanda self bymekaar gesit en gepubliseer.

Dit bevat min of meer

  • Stories van biblioteke en boeke en die mense wat dit lees en geniet uit al die uithoeke van die wêreld
  • Stories wat jou hart sal laat warm klop oor mense wat saak maak.
  • Video’s en musiek wat jy sal geniet en wat ‘n verskil in jou lewe sal maak terwyl ander video’s jou sal laat sê: “Dit het ek nie geweet nie”.
  • Artikels en webtuistes wat jou horisonne sal verbreed en waar jy nuwe dinge kan leer.
  • Wenke oor huis en tuin, die Internet en die lewe self
  • Geselsies oor onderwerpe wat na aan die hart lê
  • Inligting oor nuwe boeke, ou boeke, skrywers agter die boeke en interessanthede.
  • Belangrike datums en geleenthede soos aanlyn boekbesprekings en bekendstellings.
  • Nostalgiese brokkies uit die verlede en die hede
  • Geloofs getuienisse wat inspireer
  • Resepte wat jy sal geniet
  • Stories van mense en plekke

Die naguil word elke Woensdag oggend (tensy iets voorval) op die webblad Amandaskrywer gepubliseer en is soos al die ander dinge gratis vir almal om te geniet.

Dankie vir die saam kuier. Praat saam en teken in op die nuusbrief. Lewer kommentaar en vertel ander van die webblad.

%d bloggers like this: