Ek lees Roepman

Ek lees Roepman

Ek lees Roepman geskryf deur Jan van Tonder. Die boek speel af in ‘n spoorwegkamp waar ‘n jong seun homself leer ken, meisies en seks ontdek en ervaar hoe sy eie lyf ontwikkel.

Wie of wat is Roepman?

Roepman was ‘n beroep in die beginjare van die Suid Afrikaanse spoorweë. Die Roepman het ‘n baie belangrike rol in die spoorweg gehad. Voordat daar telefone was, was dit die Roepman se werk om die werkers veral die treindrywers en stokers in te lig van noodsaaklike veranderinge in skofte. Dit was ook hulle taak om die nagskof werkers betyds wakker te maak vir hulle skof. Die Roepman was gewoonlik ‘n basiese (lae) salaris betaal en die werker was meestal iemand met ‘n lae IK. Hulle was ‘n bekende gesig met hulle uniform op fietse. Hulle was trots op hulle werk.

Ware verhaal of fiksie?

Die boek Roepman word geklassifiseer as fiksie alhoewel daar vergelykings getref kan word tussen die karakters in die boek en Jan van Tonder se lewe. Volgens Jan is dit nie ‘n ware verhaal nie. Hy het wel sekere gebeurtenisse uit sy eie lewe geneem en verander en ingekleur. Sekere van die boek se karakters is losweg gebaseer uit mense wat hy geken het.

My opinie

Ek kom uit ‘n spoorweg verlede met die dat my Pa ‘n treindrywer was. Ons het ook in ‘n spoorwegkamp gebly totdat my Pa oorlede is toe ek 5 jaar oud was. Die boek het my aangetrek juis oor my spoorweg verlede. Die boek bevat inderdaad verskeie waarhede en naarhede van die spoorweë. My Ma het ook baie insette gelewer rondom die spoorweg manier van werk asook die Roepman werkers.

Die boek was anders as wat ek gedink het -eintlik teleurstellend. Miskien verwar my spoorweg nostalgie die werklikheid.

Jan se vertellings en seksuele onthullings is met tye ietwat kras. Dan weer speel die verhaal af deur die oë van ‘n tiener seun wie se hormone hoog loop. Sy beskrywing van sekere karakters laat hulle ietwat commin voorkom. Meeste van die spoorweg mense wat ek goed geken het was ordentlike sout van die aarde mense.

4 Comments

  1. Una

    11 June 2022 at 2:08 pm

    Jy het my belangstelling nou geprikkel, Amanda. Hoop ek kry die boek in Harties as ons oor ñ week vir ñ troue SA toe gaan

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      12 June 2022 at 12:45 pm

      Hoop jy kry dit ook gelees – moeite werd

  2. scrapydo2.wordpress.com

    10 June 2022 at 10:29 pm

    So het elkeen van ons ondervinding van sekere stadiums en tye uit ons lewens. Jy kan eintlik begin om jou eie tydperk van treindrywer pa en lewe vaspen en n heel ander prentjie bring. My kennis van die spoorwegkamp kinders en hul doen en late het ek beleef gedurende my skoolhou jare in Potgietersrus. Baie interessante tydperk.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      12 June 2022 at 12:50 pm

      Dit is baie waar. Elkeen se ondervinding verskil. Treindrywers , stokers, roepmanne, bagasie mense, stasie voorman en so aan was ook verskillend behandel en het verskillende statusse gehad.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.