‘n Lewe van dankbaarheid

lewe van dankbaarheid

Waneer ons ‘n lewe van dankbaarheid leef, verander ons uitkyk op die lewe en voel ons sommer skatryk.

“Tel jou seëninge, tel hul een vir een”

Ek onthou nog hoe my Ouma gedurig vir ons herrinder het daaraan dat ons baie het om voor dankbaar te wees. Dan het ek sommer kwaad geword want dit het nie vir my geklink of Ouma verstaan hoe erg die wêreld daar buite is vir ‘n jong kind wat sukkel met die dankbaarheid gevoel nie.

Ek kom uit ‘n enkel ouer huisgesin waar ons die nodigste gehad het maar nie luukshede nie. Ons het op ‘n streng begroting gelewe en elke sent is omgedraai en soms het ons drome gedroom oor goeters.

Dis jare later en ek het in die tussen tyd geleer van dankbaar wees vir die kleinste dinge in die lewe soos sjokolade soentjies van my klein kinders en die son wat deur die wolke breek op ‘n koue winters dag.

Leef ‘n lewe van dankbaarheid

Die gesels program aanbieder Oprah het gereeld op haar program gepraat van dankbaarheid en hoe sy ‘n Dankbaarheids Joernaal byhou en ‘n lewe van dankbaarheid leef en dit het my aan die dink gesit. Miskien net miskien het sy ‘n punt beet.

Ek het toe begin oplees oor dankbaarheid en ook ‘n Dankbaarheids Joernaal aangeskaf en elke aand het ek 3 dinge neergeskryf waarvoor ek dankbaar is vir die dag en ek was verstom hoe ek selfs in die donkerste dae steeds drie goed kon kry. Een keer was dit ‘n drukkie van ‘n vriendin, ‘n lekker nagereg en ‘n voëltjie wat op my stoep krummeltjies eet wat my opgebeur het.

Ek het begin om met ‘n dankbare hart te leef en my lewe het ‘n ander wending geneem. Ek konsentreer nie meer op wat ek nie het nie, maar op dit wat ek wel het en ek is dankbaar vir al my seëninge wat my binnegoed skatryk maak.

Ek doen skryf terapie vir my siel (dis ‘n onderwerp vir ‘n ander keer) en my dankbaarheids joernaal is deel van my daaglikse skryfwerk.

‘n Boemelaar leer ons ‘n wonderlike les in hierdie artikel oor dankbaarheid

‘n Mens wat geweet het hoe om dankbaarheid uit te leef was Ena Murray. Geniet die artikel oor hierdie merkwaardige vrou. Die lente sit sommer ‘n huppel in my stap. Lees meer oor die wonder van heerlike lentetyd
My Engelse webblad nl. Let’s make tea bied die leser nog leesstof.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.