Sommige dinge is tydloos

0
(0)
sommige dinge is tydloos

Daar is baie “one hit” wonders, mense en dinge waarvan ons vergeet na ‘n ruk en dan is daar ander. Sommige dinge is tydloos. Geboue, klere, boeke, kos, musiek, films, tv reekse, goeie maniere.

Daar is iets gerusstellend en bekend aan tydlose dinge. Mens voel sommer net tuis en gemaklik wanneer jy met tydlose dinge te doen het. Dis familie van nostalgie en herinner aan jou kindertyd, jou oupa en ouma of ‘n gebeurtenis. My lys van tydlose dinge verskil dalk van joune so laat weet wat vir jou tydloos is.

TV reekse en films Suid Afrika

  • Vetkoek paleis – selfs meer as twintig jaar later is dit steeds herkenbaar, die grappe steeds snaaks en sommige dinge steeds relevant.
  • Agter elke man – Ant Stienie, Bruce Beyers – ryk en arm, lief en leed
  • Orkney snork nie – Afrikaanse werkersklas familie

TV reekse en films Internasionaal

  • Dr. Quin Medicine woman – Ek het dit onlangs weer gekyk. Alhoewel dit afspeel in 1870 sukkel ons steeds met dieselfde dinge: rassisme, immigrante, vroue regte, misdaad, grond regte, die geweld en onmenslikheid waarmee die oorspronklike inwoners van hulle menswaardigheid beroof is.
  • Dinner for one – Elke oujaarsaand kyk ek weer die swart en wit rolprent. Klassiek.
  • Sound of music – Mooi musiek bly maar mooi

Klere

  • Denim – elke mens besit ‘n denim – altyd in die mode
  • Alice Bands – altyd ‘n treffer
  • Tekkies – gemaklik

Geboue

  • Voortrekker monument – seker een van die mooiste en mees indrukwekkende geboue ter wêreld
  • Eiffel toring, Frankryk – ‘n Meesterstuk
  • Buckingham Paleis – die plek waar sprokies gebore word

Musiek Suid Afrika

  • Ge Korsten se Liefling – altyd ‘n treffer
  • Lance James – No charge – raak my aan elke keer
  • Anton Goosen se Boy van die suburbs

Musiek Internasionaal

  • Queen – Freddie Mercury We are the champions
  • Die musiek van Elvis Presley
  • Outydse Country musiek – Kenny Rogers, Don Williams, Dolly Parton
  • Die klanke van ABBA

Kos

  • Boerekos – rys vleis aartappels, groente
  • Spaghetti – my gunsteling
  • Roomys
  • Sjokolade
  • Brood

Daar is so baie dinge wat mens warm om die hart laat – tydloos-nostalgie

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading