Amandaskrywer Nuusbrief 3 van 2021

0
(0)
amandaskrywer nuusbrief

Amandaskrywer Nuusbrief 3 van 2021

Hi julle. Ek hoop julle het ‘n goeie week gehad. Hier by Amandaskrywer was dit besig soos altyd. Ten spyte van die virus wat steeds met ons is, hou ek die blink kant bo.

Nuutste inskrywing

Vrydag se plasing gaan oor die goeie ou boks televisie en ja ek het steeds een van hulle. Eintlik twee. Die televisie werk steeds so hoekom aan iets karring wat werk? Dit klink wel of die regering ‘n einde aan my boks televisie se loopbaan gaan maak.

Webblad

Daar is bietjie geskuif aan sekere items op die boonste kieslys. Die lees en ook die skryf skakels is na die onderste kieslys geskuif.

Veranderings

Let asb. op die veranderings rondom die datums en tye van die volgende:

Die weeklikse nuusbrief verander na Maandae om 01:00 (voorheen Sondae om 08:00)
Die Naguil plasings verander na Woensdae om 01:00 (Voorheen Woensdae om 08:00)
Weeklikse plasing se tye verander na Vrydae om 01:00 (voorheen Sondae om 08:00)

Die nuwe Datums help om inligting te balanseer deur die week. Dit help om Saterdae en Sondae (indien nodig) beskikbaar te hê om te werk aan die volgende week se plasings. Julle is welkom om te kommunikeer oor hoe die nuwe tye julle pas of nie.

Die Naguil
Die mini koerant is op ‘n wen pad. Daar is soveel positiewe terugvoer en dit verbly my hart. Hy is nog in sy baba skoene en daar is altyd ruimte vir verbetering. Moenie huiwer om julle insette te lewer nie. Opbouende kritiek word ook waardeer.

Onthou

  • Daar is altyd hoop. Moenie opgee nie.
  • Lewe in dankbaarheid.
  • Familie is belangrik

Engelse Webblad

My Engelse webblad Let’s make tea bevat ‘n nuwe plasing in ope brief vorm. ‘n Ope brief aan Prins Harry nadat hy sy hele familie in die openbaar verneder het en soos die verlore seun in die Bybel sy goed gevat en geloop het.

‘n Lekker week vir julle. Maak die beste daarvan. Tot volgende keer vriende. Ek waardeer julle.

Groete
Amanda

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading