Die naguil mini koerant Uitgawe 3 van 2021
Die naguil mini koerant Uitgawe 3 van 2021
Bertie het deurnag gewerk om hierdie 3de uitgawe betyds bymekaar te sit. Hy was baie besig om vir Oupa Leesuil te help om sy boekrak reg te pak.
“Ek weet dit klink baie snaaks, maar as ek ’n boek klaar geskryf het, het ek ’n verterende vertwyfeling in die boek. Ek is seker daarvan dat dit ’n totale mislukking gaan wees; dat niemand dit gaan lees nie …” – Deon Meyer
Oupa Leesuil gesels boeke en sy mense
Die boek Seuns sonder pa’s vertel die storie van 60 % van Suid Afrika se kinders wat sonder ‘n Pa groot word. Die skrywer Julian Jansen vertel ook sy eie storie van sonder ‘n Pa groot word.
Biblioteke is kosbaarhede en dis jammer dat daar kriminele elemente is wat hard probeer om biblioteke in die Kaap en omtrekke te vernietig. Die gemeenskappe tree in.
Die Dewey stelsel word wêreldwyd gebruik om boeke in biblioteke te klassifiseer. Dis hoe dit werk.
Stories oor plekke en sy mense
- Sommige mense het dit reggekry om op die regte plek en tyd te wees toe hulle ‘n werk gekry het waarvan ander tog net kan droom soos Carol Spencer wat die ontwerper van Barbie klere was vir meer as 30 jaar. Voorwaar ‘n droom werk.
- ‘n Voormalige marathon atleet het moeg geraak daarvan om te hoor hoe mense kul tydens hierdie byeenkomste. Hy besluit toe om hulle vas te trek en te ontbloot as verneukers. Goeie plan!
- Bradley Hart van New York is ‘n kunstenaar wat skilderye maak uit borrel plastiek. Ongelooflik!
Leer iets nuuts
- Animasie films is nie pret om na te kyk nie. Dit is ook fassinerend om te sien hoe die klei karakters en hulle dorpe gemaak word en lewensgetrou weergegee word.
- Tuin ertjie sop smaak heerlik. Mens is nooit te oud of te jonk om te leer kook nie.
- Kriewelkrappers – groot Afrikaanse woord. Leer wat dit beteken.
Roep,roep my storie is uit
Dankie vir die saam lees en kuier. Tot volgende keer vriende
Groete
Bertie en Amanda
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you