Die Naguil mini koerant Uitgawe 4
Die naguil mini koerant Uitgawe 4 van 2021
Welkom by ons 4de Naguil koerant van die jaar. Bertie roep al van die lang naweek af so gelukkig is hy. Hy skitter in sy eie foto op die nuwe logo vir Die naguil.
Skrywer sêgoed
“It’s hard for me to speak, whether in English or Afrikaans. The reason I write is because I cannot speak. I feel blunt.”
― Antjie Krog
Oupa Leesuil gesels boeke en sy mense
- ‘n Kinderboek van donkie jare gelede met die titel The Secret Garden het mense steeds aan die praat. Dit handel oor ‘n Geheime tuin en daardie tuin bestaan regtig. Die tuine van Great Maytham Hall was die inspirasie vir die skrywer Frances Hodgson Burnett. Hy was gaande oor die ietwat oorgroeide maar sprokies mooi tuin.
- Marita van der Vyver se nuutste boek ‘n Baie lang brief aan my dogter is vars van die pers af en te oordeel aan die resensies is hierdie ‘n moet lees en dit is beslis op Oupa Uil se lees lys.
Stories oor plekke en sy mense
- ‘n Storie oor die musiek groep Die Manhattens en ‘n gesogte CD wat net verkrygbaar is in Suid Afrika het ‘n gelukkige einde gehad toe dit veilig by sy bestemming in Brittanje aangekom het na baie omswerwinge.
- Bertie kondig met trots aan dat sy uil familie ‘n veilige tuiste The Garden route birds of prey gekry het by die Botaniese tuine in George waar die uile aansterk na beserings en vergiftiging.
- Polisie skets kunstenaars word hoog aangeslaan. ‘n Nuus aanbieder kon egter nie sy lag hou toe hy die Polisie skets sien van ‘n rower wat opsoek is nie.
Het jy geweet
- Die Paashaas kom van ver af. Duitsland om presies te wees.
- Die sanger Ge Korsten is gebore in Holland en het saam met sy ouers en 7 broers en susters na Suid Afrika geïmmigreer.
- Slegs Blanke vrouens kon vir die eerste keer in 1932 stem in ‘n nasionale verkiesing.
Roep,roep my storie is uit
Mooi loop tot volgende keer
Groete
Bertie en Amanda
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you