Wat lees jy?

Lees jy? Wat lees jy? Afrikaans, Engels of ander tale? Nie-fiksie of fiksie of beide? Papier boeke of digitale boeke? Tydskrif en Koerant artikels?
“Lees gee ons ’n plek om heen te gaan wanneer ons op een plek moet bly.” – Mason Cooley
Lees ontsluit die wêreld
Dis een van die eerste dinge wat kinders leer – om te lees. Selfs as baba en kleuter word daar gelees. Dikwels deur die ouers en grootouers en daarna deur onderwysers totdat die kind self leer lees. Voor die Internet en Sosiale media en televisie was lees benewens die radio die enigste manier om inligting te bekom. Biblioteke het ’n belangrike rol gespeel in die uitbouing van lees in die jare voor die digitale ontploffing. Steeds speel biblioteke ’n groot rol om lees te bevorder.
“Fiksie verg nou eenmaal ’n gedeeltelike verdoeseling of vervalsing van feite, anders is dit nie meer fiksie nie.” ― Marita van der Vyver, Grensgeval
Wat lees jy?
Sommige mense lees net nie-fiksie terwyl ander slegs fiksie lees. Maak dit saak wat jy lees? Is een beter as die ander? Die Microsoft baas Bill Gates lees nie-fiksie vir ontspanning terwyl Joyce Meyer en Stormie Omartian slegs Christelike boeke lees. ROSA lesers lees fiksie en meer spesifiek liefdesverhale. Lees is ’n persoonlike voorkeur met geen reg of verkeerd nie.
Hoe meer u lees, hoe meer dinge sal u weet. Hoe meer u leer, hoe meer plekke sal u besoek. – Dr. Seuss
Hoe lees jy?
Papier gebaseerde leesstof, digitaal of albei? Biblioteek en tweedehandse boeke of slegs die nuutste boeke op die mark? Sommige mense het spesiale leeshoekies terwyl ander weer rustig in ’n warm borrelbad ontspan met ’n boek of tydskrif. Mense lees in koffiewinkels, vliegtuie en selfs in staatsgeboue terwyl hulle was.
Leeswerk is na die gees wat oefening vir die liggaam is – Richard Steele, The Tatler , 1710
Daar is nie reëls nie
Persoonlik lees ek 90% nie-fiksie. Dit was egter nie altyd die geval nie. Tydens my tienerjare het ek meestal liefdesverhale gelees met Ena Murray my gunsteling skrywer. Vir elke 10 nie-fiksie boeke sal ek 1 fiksie boek lees. Meeste tydskrifte en koerante lees ek daagliks aanlyn terwyl ek hou van ’n papier boek wat ek in my hand kan vashou.
Lees dit. Skryf dit. Geniet dit – Amanda
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

elsabeskryf
27 March 2023 at 9:09 pmEk lees fiksie, in beide Afrikaans en Engels. Ek lees moeilik aan kortverhale: Ek “infest” so in karakters in… ek haat dit as ‘n storie te gou verby is. Ek lees meestal digitaal, omdat dit makliker is snags as ek nie kan slaap nie. ‘n Bedlampie steur my liefie. Ek hou van Cooley se uitdrukking ????
Amandaskrywer(Aduppie)
27 March 2023 at 11:21 pmDankie vir jou terugvoer. So geniet ons elkeen lees op ons eie manier. Lekker!