Biblioteke en Tweedehandse boekwinkels
Biblioteke en Tweedehandse boekwinkels is my gunsteling plekke om te besoek. Dis asof die tyd stil staan wanneer ek daar is. Daar is net iets aan boeke wat al gelees is – dis anders as splinternuwe boeke wat formeel in half ongemaklik in jou hand voel
Die boeke van biblioteke en tweedehandse boekwinkels se reuk is anders, die blaaie van die boeke ook en so ook die vooraansig van 2de handse boeke.
Ek het al 2de handse boeke gekoop waarin daar aantekeninge gemaak is – wat ek baie geniet. Dikwels is dit ‘n persoonlike ervaring en kry mens die idee wat die leser se mening van die boek was. Ander kere is daar verwysings in na ander boeke, plekke, skrywers en selfs ‘n resep of twee.
Dan natuurlik kry mens dikwels ‘n gewilde boek van ‘n paar jaar oud vir ‘n paar Rand en sent. Tweedehandse boekwinkels is ‘n skatkis van stories wat wag om weer gelees te word.
Biblioteke
Dit was nog altyd my uithangplek – van my kinderdae af. Biblioteke ‘s ‘n gemeenskap op sy eie. Sommige boeke is oud maar nog nie koud nie. Deesdae is dit soveel makliker om na ‘n boek in die biblioteek te soek met die aanlyn soek funksie – iets wat ek baie gebruik. Wanneer ek biblioteek toe gaan spandeer ek ‘n goeie uur of twee daar binne. In my dorp het ons 3 biblioteke – ‘n dorps biblioteek en 2 ander in ander gemeenskappe. Die boeke word heen en weer uitgeruil dus is daar elke nou en dan ‘n boek of twee van die ander biblioteke af.
Nuwe boeke
Natuurlik is daar ‘n mark vir nuwe boeke en dis ook reg so. Elke nou en dan koop ek ook ‘n nuwe boek veral boeke wat nie in die hoofstroom is nie soos bv. Om tot verhaal te kom deur Lizette Rabe. Die boek handel oor Skryf terapie en hoe jy dit kan aanwend om traumatiese gebeure in jou lewe te oorkom deur daaroor te skryf.
Tweedehandse boekwinkels is meestal deurmekaar terwyl biblioteke baie meer georden is en boekwinkels wat nuwe boeke verkoop net gefokus is op nuwe boeke
Una
28 May 2022 at 4:55 pmAmanda, hierdie skrywe van jou lê absoluut na aan my hart! My nommer een verdwaalplek is ń biblioteek. Wens soms ek kon met ń slaapsak daar oornag. ń Tweedehandse boekwinkel; ek het vir so ń jaar een in my meubelwinkel gehad, in ń leeshoekie. Loutere genot!
Amandaskrywer(Aduppie)
6 June 2022 at 10:04 amBoeke, boeke en nogmaals boeke – dis die lewe. Ek snuffel graag tweedehandse boekwinkels uit – daar is altyd iewers boeke in ‘n dorpie – ek het al boeke in wegneem ete winkel gekoop. Jou boekwinkel in jou meubelwinkel was verseker ‘n hoogtepunt. Mens kan nie sonder boeke nie.
scrapydo2.wordpress.com
28 May 2022 at 1:52 amEk het ‘n hele paar jaar in ‘n bib gewerk. Was lekkerste tyd so saam met boeke. Kon nuwe boeke uitkies en eerste lees voordat dit uitgegee is. Hier in NZ is biblioteek ook baie gewild. Ons het n tweedehandse boekwinkel in die dorp met ‘n oom wat die boeke klassifiseer en by mekaar sit. Hy weet ook waar om meeste boeke te kry ook omdat hy so intens belangstel in elke boek.
Amandaskrywer(Aduppie)
6 June 2022 at 9:57 amDit moet lekker wees om tussen boeke te werk – in my tienerjare het ek altyd die nuutste Ena Murray boeke by die biblioteek bespreek – groot gebeurtenis. Tweedehandse boekwinkels is ‘n skatkis veral as iemand besonders dit bestuur en en ‘n passie vir boeke het. Geniet al die boeke.
Gayle Logie
27 May 2022 at 10:20 amJy is op pad om ‘n wonderlike skrywer te word Amanda!
Amandaskrywer(Aduppie)
6 June 2022 at 9:58 amDankie vriendin