Gemmer en nogmaals gemmer

teetyd

Die gesels rubriek Teetyd kuiers verskyn 2 keer ‘n maand.

Amanda Spies du Plessis

Teetyd kuiers argief

Rooibos tee

Teetyd kuiers met Amanda

Gemmer, gemmer, gemmer.

Dis orals in my huis – in geregte, drankies, lekkers en selfs gedroog. My liefde vir gemmer het so 12 jaar gelede begin toe ek gediagnoseer is met Achalasia  – ’n sluk siekte. Na ’n operasie is ek op ’n vloeistof dieet geplaas vir 2 weke en daarna op ’n sagte dieet. Die dieetkundige het vir my ’n klomp papiere gegee om te lees. Daarin is gemmer aanbeveel.

Gemmer het aanvanklik deel gevorm van my herstelproses en gesondheid. Mettertyd het dit deel van my daaglikse lewe geword. En nou is dit my gunsteling bestanddeel.

My eerste drankie soggens is Rooibostee met heuning en gemmer en ’n gemmerkoekie. Mens kan nooit te veel gemmer eet of drink nie.  Tee met gemmer smaak net verfrissend anders. Alhoewel vars gemmer heerlik is in tee is dit nie altyd byderhand nie – dan gebruik ek fyngemaalde gemmer of gevriesde/gedroogde gemmer.

Eendag loop ek deur die lekkergoed afdeling toe my oë gemmer sjokolade sien en net daar koop ek sommer twee groot sjokolade blokke. Hulle het ongelukkig nie lank gehou nie. Net te lekker

Kersfeestyd bak ek sommer twee baksels gemmer koekies. Die lekkerste gemmer koekies is daardie wat krakerig is en so taaierig raak as dit in tee of koffie gedoop word. Selfs my kleinkinders is gek daaroor. Ons bak gemmerbrood mannetjies en huisies en drink gemmerbier. Dis ’n leefwyse. Betreklik onlangs het ek kennis gemaak met nog ’n gemmer drankie.

My Ma het in Oktober 2022 ’n beroerte gehad en ek en my susters het haar dag en nag versorg op my suster-hulle se plaas. Die dae en nagte was lank. Ons het skofte gewerk. Elke aand na uitval tyd op die plaas roep my swaer ons vir asemskep en skemerkelkies.

My swaer hoor ek hou van gemmer. “Dan sal jy hou van gemmerbrandewyn”. Hy gooi die drankie in sulke mooi lang glase. Nou onder en breër boontoe. Brandewyn, Gingerale en ys. Enkel. Ek neem die eerste sluk en dit proe ietwat flou. ”Gee kans skoonsus” laat swaer hoor. Rustig sit ons familie voor die vuur met ons drankies en gesels.

Ek moet weer inval in die siekeboeg en neem die laaste sluk. Dit slaan my tussen die oë. ’n Dop met skop.

Gemmer en nogmaals gemmer.

2 Comments

  1. elsabeskryf

    4 April 2023 at 9:06 am

    Ek is net so lief vir gemmerkoekies. Nog nie die tee probeer nie. Ek het gemmerpille op die boot gedrink… dit help teen enige goor voel of naarheid. ‘n Kollega van my het chemo gekry. Ons het vir hom houers vol gemmerkoekies gegee en hy het getuig dat as hy enigsins goor begin voel, en glad nie ander kos kon inkry nie, was gemmerkoekies sy lafenis.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      4 April 2023 at 9:34 pm

      Gemmer se genesende uitwerking word dikwels onderskat. En gemmerkoekies is nog lekker ook!

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.