Naguil koerant uitgawe 14 van 2021

naguil koerant uitgawe 14 van 2021

Dagsê mense vriende. Welkom by Die naguil koerant uitgawe 14 van 2021. Aangebied deur almal se gunsteling naguil Bertie vanuit die woud.

Ons probeer ons bes om interessante brokkies te kry wat nie agter ‘n betaal muur skuil en waartoe almal nie toegang het nie. Hier in die woud raak dinge bedrywig met die warmer weer. Dis so lekker om in die son te sit en bak.

Skrywer sêgoed

Ela Spence verdien hierdie week ‘n ere plek in ons koerant en hier is van haar sêgoed.

“Ek het ’n rykdom van herinneringe. As ek moet kla, moet ek my skaam. Dis heerlik en ’n voorreg om nou ’n rustige lewe hier by my kinders op Stellenbosch te hê. Ek doen my eie ding. As ek net my radio en boeke het, is ek doodgelukkig.” (Sarie, 28 September 1994)

Ek het die eerste boek in sowat tien weke met ’n potlood geskryf. Toe het ek begin tik – en dit het veel vinniger gegaan.”

Oupa Leesuil gesels boeke en sy mense


Dalene Matthee is legendaries nie net hier in Suid Afrika nie maar ook regoor die wêreld met haar stories oor die Knysna bos. Die onlangse Litnet artikel oor haar is ‘n nodigheid. In die artikel word egter ook ‘n ander belangrike aanname/feit gemaak. Dalene is een van slegs 3 Suid Afrikaners wat dit kon regkry om meer as ‘n miljoen boeke te verkoop. Die ander twee skrywers is Deon Meyer en Ena Murray. Amanda het nog altyd ‘n sagte plekkie vir Ena gehad.

Bertie het ‘n artikel opgespoor oor watter boeke die mense in Augustus van 2021 gelees het. Heerlike lees genot met baie voorstelle.

Stories oor plekke en sy mense

  • Hierdie week kuier ons bietjie by die skrywer van Die Boekklub. En ja Merweville in die Karoo is ook deel van sy storie.
  • Dikwels kom daar mooi uit die seer. Elizabeth studio‘s is juis so gebore. Menslike storie.

Roep,roep my storie is uit

En so kom ons aan die einde van hierdie uitgawe. Ek hoop julle het hierdie week se bydrae geniet. Mooi loop mens maats en moenie die nuusbrief misloop nie.

Groetnis uit die woud
Bertie

P.S. Julle is welkom om julle bydraes van mense, plekke in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels. Rig julle skrywes aan Bertie.