Naguil koerant uitgawe 13 van 2022
Naguil koerant uitgawe 13 van 2022 is nou op die webblad beskikbaar.
Die Afrikaanse naguil (Caprimulgus pectoralis) is ‘n spesie in die Caprimulgidae familie, wat in Afrika suid van die ewenaar voorkom
Die Naguil is ‘n aanlyn koerant wat weekliks op Amandaskrywer gepubliseer word met Bertie die Naguil as gasheer . Die koerant laat jou weet van stories oor mense en boeke. Reageer op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike.
Bertie aan die beurt
Welkom aan al ons vriende. Die winter is sonder twyfel hier. Terwyl jy hier kuier, loer sommer in by my vriende Garden Route Birds of Prey Rehab Centre of besoek hulle by die Botaniese tuine in George.
Skrywers en Boeke
Die verlore seun vannie Gaatjie is die storie van die Predikant Ivor Swartz. Gebore en groot geword in Grabouw. Sy Pa is vroeg oorlede en sy oudtste broer het die familie gereeld aangeval. Een aand het die jong Ivor sy broer doodgemaak om sy familie te red. Ivor is tronk toe waar hy die Here leer ken het.
So is onse mense deur JC Steyn is sy laaste boek voor sy afsterwe in 2020. Hierdie boek is ‘n versameling van sy werke waarin hy onder meer vertel van die oprigting van die Vrouemonument.
Stories oor plekke en sy mense
Nando’s is alombekend vir hulle pittige advertensies selfs tydens beurtkrag. Lag en geniet
‘n Hond wat ‘n pragtige wit perd ry het mense op die internet gaande. Tog te oulik
Engelse stories
When you know better you do better – When you know better you do better. The famous quote from Oprah Winfrey is host to a wealth of truths. Just think about it. Many of the wrong decisions we make in life come from a place of ignorance.
The wolves from Apartheid – The wolves from Apartheid or rather their descendants are still living in South Africa. The victims of a shameful time in history.
Fear of trusting yourself – Fear of trusting yourself and breaking the cycle of codependency will free you and make you stronger. Trust yourself. You are enough.
Different types of single parents – Different types of single parents in the 21st century are now more common than the traditional two parent families.
My Father was a train driver – My Father was a train driver in South Africa way back in the 1960’s when trains were just about to go from steam to diesel and electric
There are trolls on the Internet – There are trolls on the Internet that can make our lives less pleasant. For the most part they are just an irritation.
Stof tot nadenke
Is daar ‘n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig. JAKOBUS 3:13 (AFR83)
Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.
2 PETRUS 3:9 (AFR83)
Roep,roep my storie is uit
Hoop julle het die uitgawe geniet. Tot volgende keer. Kyk mooi na julleself en julle geliefdes en ook na die ander lewende wensens en die natuur.
Groetnis vanuit die woud
Bertie
xxx
P.S. Julle is welkom om julle bydraes van mense, plekke in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels. Rig julle skrywes aan Bertie.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you