Lente bloeisels en nuwe dinge

lente bloeisels en nuwe dinge

Ek kan amper nie glo ons is al in September nie en tog wanneer ek als sien wat ek al hierdie jaar vermag het en ek kyk die video’s en artikels net toe die grendeltyd begin het, weet ek dis inderdaat September. Hierdie maand is gevul met lente bloeisels en nuwe dinge

Deurmekaar weer

Dit was weliswaar ‘n deurmekaar winter met somerdae tussenin en hier en daar ysige koue dae en hier in die tuinroete elke nou en dan reën. Dit was soms somer in die dag en winter in die nag. Beslis snaakse en wispelteurige weer.

Soveel nuwe dinge en ervarings

Die Internet het soveel nuwe geleenthede gegee in hierdie tyd waarvan talle gratis was en steeds is en ek het soveel moontlik bygewoon (aanlyn natuurlik.)

Lente bloeisels en Nuwe dinge

  • Gratis karate lesse
  • Boekgesprekke onder andere ‘n hygroman se bekendstelling en dis nie eers die genre waarin ek belangstel nie – steeds iets nuuts.
  • Talle gratis konserte van Suid Afrikaners
  • Aanlyn vertoning van Johan Legend
  • Kookklas deur Gordon Ramsay
  • Boekbekendstellings van Visse en Voëls
  • Facebook live gesprekke
  • Tuin klasse en praaitjies deur Tanya Visser
  • DIY klasse deur Builders Warehouse
  • Gesprekke met Jane Fonda oor die planeet

Ek het elke moontlike geleentheid aangegryp om nuwe dinge te leer in hierdie grendeltyd en dit maak 2020 seker een van my beste jare ooit. Ek het ook die tyd benut om boekrakke te bou, kaste uit te sorteer, my huis binne te verf, koekblikke te vul, blatjang en marmelade te maak en in my tuin te werk.

Saans is nog koelerig en ek kies steeds die son uit vir my voete bedags. Soggens wanneer ek gaan stap is die lente bloeisels oral in die omgewing ‘n lus vir die oog en ‘n lied in my hart. Geniet die lente vriende en hou moed.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.