My wonder wêreld

0
(0)

My wonder wêreld bestaan uit boeke en nogmaals boeke.

Ek het nie veel erg aan die TV nie en beslis nie realiteits TV nie. Met geen skottel Televisie nie is daar in elk geval nie veel om na te kyk nie. Ek hou daarvan om my eie prentjies in my kop te maak. Dis veel opwindender.

My wonder wêreld van boeke

my wonder wêreld

Boeke en nogmaals boeke is wat my hart vinniger laat klop. Vir jare was my boeke in my badkamer opgestapel. Ek het nie genoeg boekrakke gehad nie. Tydens grendeltyd 2020 het ek besluit dis nou tyd om iets daaraan te doen. Ek het ‘n muur tot muur boekrak gebou en met my lang 3 sitplek bank voor die boekrak is dit my gunsteling plek om te sit en lees. Dis my eie wonder wêreld waar die boeke lewe kry.

Saans wanneer ek die lig afsit en na my kamer toe gaan sê ek goeie nag vir al my vriende.

‘n Geskenk

Ons het ‘n gratis geskenk Facebook blad vir die mense in my dorp waar alles verniet is wat daarop geplaas word. Die enigste voorwaarde is dat die een wat dit ontvang weer iets anders op die groep moet sit natuurlik ook gratis. Gisteraand laat het 5 resepte boeke op die groep verskyn en ek was die gelukkige ontvanger. Ek hou van nuwe resepte uit probeer en een van die boeke is ‘n Chinese kookboek van 1977 met die kosbaarste resepte in. Die skrywer van hierdie kookboek is niemand anders as wêreld bekende Chef Kenneth Lo. Groot was my verrassing toe daar nog 4 boeke by die aanvanklike 5 boeke vir my gegee is. Ek is vandag skatryk.

Boeke is tydloos en om te dink dat ‘n resepte boek wat 43 jaar gelede verskyn het steeds vreugde kan verskaf en kan lewe kry in ‘n kombuis – my kombuis is ‘n kosbaarheid.

Ek besoek ook graag 2de handse boekwinkels waar ek al heel dikwels boeke gekoop het wat al lankal uit druk uit is. Mense wat nie van boeke hou nie en nie lees nie mis uit op ‘n wonder wêreld.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading