Ek het ‘n kunsklas bygewoon

KUNSKLAS BY DIE SEE

Ek kyk graag deur Facebook se geleentheids (events) bladsy vir geleenthede, klasse, konserte wat ek kan doen of bywoon wat gratis of baie bekostigbaar is. Geld is nie in oorvloed nie dus moet ek fyn beplan. My oog vang toe Creative Journalling by ‘n plaaslike skryfbehoefte winkel vir glo dit of nie R60 vir ‘n 2 ure les. Ek bel dadelik en vind uit of my oë my nie dalk bedrieg het nie. Nee, sê die vriendelike dame, dis werklik R60 en sy verwelkom my baie vriendelik en so het ek ‘n kunsklas by die see bygewoon.

kunsklas creative journalling

EK KAN NIE TEKEN NIE

Ek het geen idee wat creative Journalling is nie, maar ek daag op by die klas met ‘n pers uitrusting en ‘n blou blom vasgespeld op my hemp. Dis ‘n klein skryfbehoefte winkel met ‘n groot kreatiewe gees en ‘n baie entoesiastiese aanbieder. Sy vertel hoe lekker ons vandag gaan speel en teken en net daar val my gesig want sien ek kan nie eers ‘n stok mannetjie teken nie. Sy verseker my sy gaan my leer. Sterkte met daai ene dink ek so by myself.

RAAISEL OPGELOS

Ons vriendelike leermeester gee vir ons elkeen ‘n ou maar ongebruikte dagboek en verduidelik toe dat creative journalling is waneer jy ‘n ou boek opdollie en mooi maak sodat jy dit kan hergebruik. Ek leer van Zen doodling, jelly paste, hoe om die blaaie ‘n outentieke gesig te gee en hoe om bladsye te verf met tee, koek kleursel, berrie sap en met loodgieter foelie te omskep in ‘n meesterstuk. Ek leer ook hoe om stap vir stap te teken en tot my verbasing kry ek dit reg.

kunsklas

EK KAN TEKEN

Na my R60 vir 2 ure kunsklas ry ek huis toe met ‘n lied in my hart. Ek het nogals baie nuwe dinge leer en ek het myself verras en onderskat. Ek kan toe al die tyd teken al is dit stap vir stap maar teken is teken. Dit was nou vir jou ‘n baie suksesvolle oggend wat my selfbeeld ‘n goeie hupstoot gegee het.

Ek is nou so begeesterd deur my nuwe talente dat ek sommer begin kamer regpak om plek te maak vir my nuwe stokperdjie. Nie net het ek nou raad met al die ou boeke nie, ek kan nou ook my eie tekeninge maak.

Leer hoe om te Zen doodle en ontslae te raak van al jou stres en spanning. Geniet ook die skryfstuk oor Doen nuwe dinge.
My Engelse webblad nl. Let’s make tea bied die leser nog leesstof.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.