Geen applous en leë stoele

0
(0)

Jare gelede het Rina Hugo eenslag gesê dat sy die lekkerste werk op aarde het want daar word vir haar hande geklap na elke liedjie en vertoning. Die virus het egter geen applous en leë stoele tot gevolg.

geen applous en leë stoele

EN AKSIE

Mense in die vermaaklikheidswêreld is gewoond daaraan om voor mense op te tree wat na elke lied of drama toneel vir hulle hande klap en so wys dat hulle daarvan hou. En nou is daar net ‘n oorverdowende stilte. COVID 19 het verander hoe en waar kunstenaars werk.

WAT NOU?

Die eerste paar dae na die grendeltyd inwerking getree het, het die kunstenaars verward rondgeskarrel want om op te tree is hulle brood en botter. Daar was paniek in die lug totdat die eerste kunstenaars dit gewaag het om ‘n aanlyn vertoning op die been te bring. Die bewonderaars het hulle gunsteling kunstenaar omarm terwyl die kunstenaars in onderhoude van die nuwe platform begin praat het. Die een ding waaroor gereeld gepraat is, was hoe vreemd dit vir hulle voel om op te tree sonder applous. Volgens hulle het die energie van die skare hulle altyd gedra en nou was die stilte oorverdowend.

GEEN APPLOUS EN LEë STOELE

Die vermaaklikheidswêreld is uniek in hoe hulle terugvoer ontvang van hulle werkgewers. Meeste werkers gaan elke dag werk toe sonder enige terugvoering. Elke dag word die foon geantwoord, briewe getik, paaie gevee, agter in die restaurante se kombuise geswoeg en gesweet sonder erkenning. Vir hulle was die stilte nie so drasties nie aangesien hulle gewoond is daaraan om sonder selfs ‘n dankie hulle dagtaak te verrig. Dit sou nogal vreemd wees indien die hele kantoor en publiek vir jou hande klap sodra jy die brief klaar getik het of wanneer die hele dorp tot stilstand kom om hande te klap vir die pad veër.

NUWE NORMAAL

Dit lyk of hierdie nuwe manier van werk vir ‘n ruk lank saam met ons gaan wees. Die kunstenaars het nou ‘n vertrek in hulle huis ingerig vir aanlyn vertonings. Hulle applous is nou die boodskappe, likes en hartjies op sosiale media.

Die kantoor personeel het hulle kantoor vir ‘n tuis kantoor verruil sonder die teekamer of rook geselsies maar met meer vryheid en selfs minder stres.

Dis ‘n anderste wêreld waarin ons nou leef.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading