Drink tee saam met my
Drink tee saam met my. Ek nooi jou uit vir ‘n koppie vars gebroude tee uit my tuin en kombuis. Dis heerlik. Ontspan en geniet.
Die wonder van Tee
Koffie is lekker. Tee is egter in ‘n klas van sy eie. Ons in Suid Afrika is bevoorreg om Rooibos tee vrylik en bekostigbaar in ons winkels te kry. Rooibos is ‘n Suid Afrikaanse produk. Die gesondheids voordele van Rooibos is al deur en deur bewys en dan is dit nog lekker ook. Warm met melk en heuning en koud in gesondheids drankies en ys tee.
Het jy geweet?
- Rooibos groei slegs in Suid Afrika en nogals aan die onderkant van Tafelberg.
- Rooibos bevat nie kafeïen nie
- Dit is ‘n krui en nie ‘n tradisionele tee nie.
- Die Annique rooibos velsorg reeks bestaan meer as 50 jaar
- Rooibos help om allergiese reaksies teen te werk
Drink tee saam met my
Vandag drink ons rooibos tee. Warm rooibos tee. Maak sommer ‘n pot tee vir die hele gesin.
Bestanddele
- 2-3 sakkies rooibos
- Kookwater
- Heuning na smaak
- 3 ml Karamel essence
- 2ml fyn Gemmer
- 1 ml fyn kaneel
- Melk na smaak
- Gemmer koekies
Metode
- Kook die water en gooi in teepot met 2-3 rooibos tee sakkies.
- Plaas op stoofplaat op lae hitte vir so 3 minute.
- Terwyl die tee brou, dek ‘n skinkbord met jou mooiste tee koppies en gemmer koekies op ‘n mooi bord of bakkie.
- Verwarm die melk. Dit moet egter nie kook nie.
- Gooi eerste die warm melk in die koppies.
- Nou kan jy die tee inskink terwyl die aroma die vertrek vul.
- Roer die heuning by.
- Meng die karamel essence, gemmer, en kaneel by die tee.
- Doop ‘n gemmer koekie in die tee en drink die tee stadig.
- Skink sommer nog ‘n koppie tee.
- Moenie haastig wees wanneer jy hierdie tee drink nie. Ruik en proe elke bestanddeel. Geniet.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you