Die enkelouer
Hierdie prosastuk is
‘n Karakterskets en ‘n onderafdeling van die kort prosateks familie. Hierdie karakterskets is nie feitelik nie en die skrywer se persoonlike weergawe van die karakter in die skets.
geskryf deur Amanda Spies du Plessis
Omtrent prosa
Die skryf van ‘n fantasie storie in literêre fiksie, algemene fiksie en ontspannings fiksie. Fiksie is nie feitelik nie. Dit kan egter losweg gebasseer wees op ware gebeure.
Tipes prosa
- Blitsfiksie
- Vonk fiksie
- Die kortverhaal
- Kort prosatekste
- Die roman
- Vertaling van prosa
Enkelouers is kenners op ouerskap al sien paartjies neer op hulle. Enkelouers moet twee mense se werk doen – letterlik en figuurlik. Hulle staan op voor sonop en gaan slaap na son sak. Hulle maak huis skoon, kook kos, kyk dat die kinders hulle huiswerk doen – terwyl hulle die stukkende stoel regmaak en ‘n opvoedkundige boek lees. Dit alles doen hulle terwyl die paartjies ‘n tuinman en ‘n huiswerker het, die man golf speel en die vrou by die Spa inboek vir ‘n weeklikse pamperlang.
Enkelouers het skaars tyd om ‘n koppie koffie in rus en vrede te drink terwyl Paartjies gereeld tee partytjies in duur restaurante hou en die kinders by die hulp los.
Paartjies besoek privaat dokters wat omsien na hulle en die gesin se gesondheid – enkelouers stap met hulle kinders om die blok, werk in die tuin en drink aanmaak koeldrank en water. In teenstelling met Paartjies kan enkelouers nie privaat dokters besoek nie en daarom glo hulle aan voorkomende aksies.
Enkelouers word gesien as ‘n laer en swakker klas as paartjies. Volgens die samelewing is Enkelouer gesinne nie volwaardige gesinne nie.
Wanneer die kind van ‘n enkelouer ‘n fout begaan, is die samelewing vinnig met veroordeling: “Dis tipies van enkelouer gesinne. Hulle kinders is almal pad af”.
Wanneer paartjies se kinders ‘n fout begaan is daar baie verskonings” Ag, hy is nog jonk. Moenie te hard op hom wees nie. Enkelouers se status in die samelewing is 2de klas – Paartjies se status is 1ste klas – die voorgestelde norm. Paartjies word dikwels voorgehou as suksesvol selfs al het hulle nie titels en grade nie. Enkelouers word gesien as onsuksesvol en ‘n mislukking. Selfs wanneer hulle met een inkomste kinders voed en klee en deurnag by siek kinders sit – sonder hulp. Hulle moet dubbeld so hard werk as paartjies om vooroordele verkeerd te bewys en gerespekteer te word.
scrapydo2.wordpress.com
8 April 2023 at 1:14 amAi, Amanda, dis so waar wat jy hier skryf. Ek het self enkel-ouer geword toe my seun 11 jaar was. Hy het beslis behoorlik bewys dat hy uitstaan bo baie paartjies se sens van sy ouderdom. Baie hartseer dat daar so neergekyk word op enkelouers.
Amandaskrywer(Aduppie)
8 April 2023 at 10:08 amOngelukkig is vooroordeel deel van die mensdom.