Die 3 minute reël

die 3 minute reël

Die 3 minute reël is ‘n ongeskrewe reël om produktiwiteit te bevorder. Die konsep is geskep deur Antony C om tyd beter te bestuur en meer gedoen te kry.

If a task can be done within 3-Minutes, no matter the priority, complete it first.’ by Antony C

Alhoewel die konsep ontwerp is om mense in ‘n professionele beroep te help om ‘n magdom take beter te bestuur, kan dit ook goed toegepas word by die huis en in jou persoonlike hoedanigheid.

Enkelouers

Dis moeilik genoeg om ‘n enkelouer te wees. Dubbel die vreugde, dubbel die moeilikhede. Tyd is beperk en dis ‘n stryd om die huis aan die kant te hou, kos op die tafel te sit, almal liefde te gee, die pot aan die kook te hou.

Tuis kantoor

Mense beny jou wanneer hulle hoor dat jy van die huis af werk. Alhoewel daar baie voordele aan verbonde is om tuis te werk, neem dit baie dissipline en organisasie om dit suksesvol te doen.

Loopbaan, spanwerk

Dikwels word daar baie hooi op die gewillige werknemer se vurk gelaai en dit kan alles oorheersend wees en moeilik om al die verskillende dinge suksesvol te bestuur.

Die 3 minute reël

Bogenoemde voorbeelde is net sekere dinge waar die 3 minute reël baie kan help. Ons brein werk koorsagtig wanneer ons die dagtaak moet aanpak. Wanneer ons dit in sy geheel sien begin ons uitstel en uitstel totdat die taak later al hoe groter word. Wanneer ons egter die taak opdeel, is dit makliker hanteerbaar en haalbaar.

Oplossings

By die werk – delegeer wat jy kan en doen die kleinste take eerste

By die huis – ruim alles wat minder as 3 minute neem eerste op bv. Tel die lekkergoed papier op die mat op en gooi in die drom

Die suksesverhale

My Ma en een van my vriendinne is uitstekend hiermee. Die pen word dadelik teruggesit op sy plek, die toonbank dadelik afgegevee, die ketel afgevee na gebruik en so aan. Voorheen het dit my vreeslik geïrriteer wanneer iemand in my geselskap die koppies was of die papier op die grond optel. Dit was totdat ek die waarde daarvan gesien het. Jou huis bly netjies terwyl jy nie op een dag met ‘n hele deurmekaar huis sit nie. Hierdie 3 minute konsep werk vir my.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.