Jy sal verbaas wees

jy sal verbaas wees

Jy sal verbaas wees waartoe jy in staat is wanneer jy uit jou boks klim.

‘n Mens is so gewoond om te bly by die bekende en dinge op dieselfde manier te doen. Ons is meestal bang vir verandering, bang vir die onbekende, bang vir verwerping, bang vir wat die mense sal sê, bang om te misluk. Ek weet, ek was ook al daar. Ek het gereeld weggekruip agter Ek kan nie.

‘n Klein boek met ‘n groot boodskap

Ongeveer 6 jaar gelede het iemand op die Internet my bekend gestel aan die boek Who moved my cheese geskryf deur Spencer Johnson. Die boek is eintlik geskryf as motivering vir besigheidsmense om uit hulle gemaksone te beweeg en sodoende die sukses leer te klim.

Die boekie wat ek maklik in ‘n middag deurgelees het, het my baie gehelp om aan verandering gewoond te raak en te leer hoe om saam met verandering te beweeg, struikelblokke te oorkom en kanse te waag. Nie roekeloos nie. Dis ‘n eenvoudige maklik verstaanbare storie waarmee ons almal kan vereenselwig.

Fisies en Emosioneel

Dit was vir my makliker om Fisies te verander en te verbeter as emosioneel. Emosionele groei is harde werk en neem langer voordat mens die verandering kan begin raak sien. Dit behels onder meer om indringend na jouself te kyk, jou verlede, jou hede en jou toekoms en hoe die besluite wat jy daagliks neem die rigting van jou lewe bepaal. Dis ‘n pynlike proses, maar as jy deurdruk en die hele proses voltooi is die resultate enorm.

Jy sal verbaas wees hoeveel jy van jouself leer in hierdie emosionele proses en hoeveel dit jou lewe sal verbeter en verryk. ‘n Verbeterde jy! Ek was eintlik vies vir myself dat ek nie lank terug al aan myself begin werk het nie.

Jy is dit werd!

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.