Amandaskrywer nuusbrief uitgawe 5

0
(0)
amandaskrywer nuusbrief

Amandaskrywer Nuusbrief uitgawe 5 van 2021

Amanda verwelkom jou

Welkom aan nuut en oud. Julle is die beste. Julle ondersteuning beteken vir my so baie. Dankie daarvoor.

Nuutste inskrywing

Die afgelope Vrydag se artikel het ‘n vrolike inslag met ‘n tikkie nostalgie. Die titel Radio O Radio sê als. Moet dit nie misloop nie. Gesels saam en deel julle stories.

Webblad

Daar is geen nuwe veranderinge of verbeteringe op die webwerf aangebring hierdie week nie.

Die Naguil roep

Vyf en twintig jaar gelede toe ek in my huis ingetrek het, was hier gereeld uile wat op die muur voor my venster gesit het. Ongelukkig het hulle drasties verminder nadat mense begin rottegif uitsit het en sodoende die uile vergiftig het.

Die Naguil Bertie is egter springlewendig en stel trots die nuutste Naguil koerant bekend wat Woensdag verskyn met spik splinternuwe nuus brokkies.

Onthou

  • Haasdas se nuuskas Dinsdagaand om 6 – dit was opwindende en sorgvrye tye uit my kinderjare
  • Die wêreld titel boksgeveg tussen Gerrie Coetzee en Leon Spinks. Dit was my eerste kennismaking met boks en die opwinding van lewendige televisie uitsendings. Dit was wel ietwat vinnig verby.
  • Familie is kosbaar. Lojaliteit is belangrik. Dankie en Asseblief is nie uit die oude doos nie.

Engelse Webblad

Let’s make tea is my ander webblad in Engels. Hierdie week se (Engelse) plasing is The power of prayer. Ek deel dan ook my eie ervaring met gebed en wat ek deur die jare geleer het oor die krag van gebed.

Groete

Tot ons volgende kuier vriende. Geniet julle week en kyk uit vir die nuutste Naguil koerant op Woensdag en die nuwe plasing op Vrydag. Mooi sterk loop!

Amanda

NS. Julle kan vorige nuusbriewe op die webwerf lees deur te gaan na die boonste kieslys en te kliek op Nuusbrief. Heel onder aan sal julle al die nuusbriewe vind wat al verskyn het.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading