Amandaskrywer Nuusbrief uitgawe 6 van 2021

amandaskrywer nuusbrief

Amanda verwelkom jou

‘n Hartlike welkom aan elkeen van julle en geniet Amandaskrywer Nuusbrief 6 van 2021. Dankie vir julle ondersteuning en positiewe terugvoer – nie net op die Nuusbrief nie maar ook op die Naguil. Julle belangstelling en deelname word waardeer. Dankie.

Nuutste inskrywing

Radio O radio – die nuwe inskrywing op die webblad is ‘n vrolike gesels artikel oor die immer gewilde Radio – voordat sosiale media die wêreld oorheers het. Tydens die eerste inperking het ek Radio herontdek en net weer besef wat ‘n wonderlike medium dit is. Tydloos. Nostalgie. Positief. Helend.

Webblad

Die webblad is opgedateer tot die nuutste wordpress pakket.
Alle inskrywings is op datum gebring

Verskeie skakels wat nie gewerk het nie is herstel

Die Naguil roep

Bertie is ook terug met mening. Die naguil mini koerant verskyn elke Woensdag en bevat talle skakels na artikels/video’s en musiek wat julle die lesers se aandag sal prikkel. Bertie werk hard om vir sy lesers stories te bring wat in ‘n wye smaak val.

Onthou

COVID 19 is steeds met ons. Ons durf nie ons waaksaamheid verslap nie. Inenting teen die virus blyk ‘n sensitiewe kwessie te wees. Ek gaan myself laat inent en my opinie is dat daar meer wetenskaplike bewyse is dat die inenting keer dat mens dodelik siek word van die virus as wat die inenting mense soos vlieë laat doodgaan. Ek glo nie aan al hierdie “conspiracy” stories wat die rondtes doen nie.Elkeen is geregtig op sy eie opinie.

Engelse Webblad

Let’s make tea is my ander webblad in Engels. Besoek dit gerus vir die nuutste artikels. Let’s make tea is ‘n webblad waar oor alledaagse dinge gesels word asook dinge van Internasionale belang. In teenstelling daarmee is Amandaskrywer gemik op Afrikaans sprekendes en Suid Afrikaanse belange.

Groete uit die Tuinroete. Mag al jou drome waar word en jou drake verslaan word. Tot volgende keer.

Amanda

Het jy iets op die hart? Gesels saam

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: